YouVersion Logo
Search Icon

1 Timoteus 3

3
Die ouderlinge
1Wat ek nou wil sê, is waar: Wanneer iemand baie graag 'n ouderling in die gemeente wil wees, dan wil hy 'n goeie werk doen. 2Daarom moet 'n ouderling heeltemal reg lewe. Hy moet net een vrou hê. Hy moet reg kan besluit, hy moet weet hoe om reg te lewe, hy moet mooi maniere hê, hy moet goed wees vir vreemdelinge, hy moet vir mense kan leer. 3'n Ouderling moenie te veel drink en dan dronk word nie, en hy moenie gou kwaad word nie. Nee, hy moet vriendelik en geduldig wees en hy moenie daarvan hou om te baklei nie. Hy moet ook nie lief wees vir geld nie. 4Hy moet 'n goeie pa wees vir sy huisgesin en hy moet só lewe dat sy kinders hom respekteer en altyd gehoorsaam kan wees aan hom. 5Want as iemand nie weet hoe om 'n goeie pa te wees vir sy eie huisgesin nie, dan sal hy ook nie kan sorg vir God se gemeente nie. 6'n Ouderling moenie iemand wees wat kort gelede 'n gelowige geword het nie. As hy nog nie lank 'n gelowige is nie, dan sal hy miskien hoogmoedig word, en dan sal God hom straf soos God die duiwel straf.
7'n Ouderling moet reg lewe, sodat die mense wat nie gelowiges is nie, hom ook sal respekteer. Hulle moet weet dat hy nie slegte dinge doen nie, dan sal die duiwel hom nie in sy vangnet kan vang nie.
Die diakens
8Die diakens moet ook mense wees wat reg lewe, soos die ouderlinge. Hulle moenie skynheilig wees nie, hulle moenie te veel wyn drink nie, en hulle moenie altyd meer goed wil hê nie. 9Hulle moet ook vas glo in die dinge wat God vir ons gewys het toe Hy vir Christus gestuur het. En hulle moet weet wat is reg en wat is verkeerd. 10Die ander gelowiges moet eers goed kyk hoe die mense lewe wat diakens wil word. As niemand oor hulle kan praat en sê dat hulle verkeerde dinge doen nie, dan mag hulle diakens word. 11Vroue wat in die gemeente wil werk, moet ook mense wees wat reg lewe. Hulle moenie oor ander gelowiges skinder nie. Hulle moet reg kan besluit en almal moet weet dat hulle altyd sal doen wat hulle belowe het. 12'n Diaken moet net een vrou hê. Diakens moet goeie pa's wees vir hulle kinders, hulle moet goed regeer oor almal in hulle eie huisgesinne. 13Die gemeente respekteer 'n diaken wat sy werk goed doen. 'n Diaken wat sy werk goed doen, sal ook nie bang wees om vir ander mense te vertel wat hy alles glo oor Christus Jesus nie.
Hoekom Paulus dit alles skryf
14-15Timoteus, ek hoop om gou na jou toe te kom. Maar miskien kan ek nie dadelik kom nie, daarom skryf ek hierdie dinge vir jou, sodat jy kan weet hoe 'n mens moet lewe in die huisgesin van God, dit is die kerk van die God wat lewe. Die kerk is soos 'n pilaar of 'n fondament, die waarheid staan vas daarop. 16Ek wil reguit sê: Ons het nie geweet hoe om God te dien nie, maar God het vir ons kom sê hoe om dit te doen, en dit is wonderlik.
God het 'n mens geword,
Hy was Christus,
die Heilige Gees het gewys
wie Christus waarlik is,
engele het vir Christus gesien,
mense het vir die volke vertel
van Hom.
Oral in die wêreld het mense
in Hom geglo,
God het vir Christus
opgeneem na die hemel
en God het Hom Koning
laat word.

Currently Selected:

1 Timoteus 3: ABA

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy