YouVersion Logo
Search Icon

1 Timoteus 2

2
Hoe die gemeente moet bid
1Ek sê dit is belangrik dat julle vir al die mense moet bid. Sê vir God wat hulle nodig het, vra vir God om hulle te help en sê ook vir God dankie vir hulle. 2Julle moet bid vir konings en vir almal wat oor julle regeer. Julle moet dit doen sodat ons stil en rustig kan lewe terwyl ons vir God dien en lewe soos Hy wil hê. 3Wanneer julle só bid, dan is dit reg. God, ons Redder, wil dit so hê. 4God wil graag al die mense red en Hy wil hê dat hulle moet weet wat die waarheid is. 5Die waarheid is: Daar is net één God en daar is net één Persoon wat God en die mense bymekaar kan bring, dit is die mens Christus Jesus. 6Hy het sy lewe gegee en Hy het gesterf om al die mense vry te maak. So het Hy gewys dat die regte tyd gekom het. 7Daarom het Christus Jesus my gekies en aangestel om die goeie boodskap te bring vir die mense wat nie Jode is nie, en om 'n apostel te wees. Ek lieg nie as ek dit sê nie, ek praat die waarheid. Ek moet ook vir húlle die waarheid leer en ek moet vir hulle leer wat dit beteken om in Christus te glo.
Hoe mans en vroue in die gemeente die Here moet dien
8Ek wil hê die mans wat hulleself aan die Here wy, moet tot die Here bid. Hulle moet hulle hande ophou na die hemel en hulle moet bid op elke plek waar hulle bymekaarkom. Hulle moenie vir mekaar kwaad word en stry nie. 9Ek wil ook hê dat vroue mooi moet wees omdat hulle die regte klere dra, klere wat wys dat hulle nie slegte vroue is nie en dat hulle mooi maniere het. Hulle moenie hulle hare so mooi vleg dat almal altyd daarna wil kyk nie, en hulle moenie goue juwele of pêrels of baie duur klere dra nie. 10Nee, vroue wat sê dat hulle vir God dien, moet goeie dinge vir ander mense doen, en só moet hulle mooi wees. 11Wanneer die gemeente bymekaar is, dan moet 'n vrou stil en gehoorsaam wees, sy moet altyd luister na wat die leiers in die gemeente sê. 12Ek wil nie hê dat 'n vrou vir ander mense moet leer nie en sy moenie vir 'n man sê wat hy moet doen nie. Nee, sy moet stil wees. 13Want God het eerste vir Adam gemaak, daarna het Hy vir Eva gemaak. 14Die slang het nie vir Adam verlei nie, die slang het die vrou verlei. En toe het sy verkeerd gedoen. 15Maar die Here sal vroue beskerm wanneer hulle kinders kry, vroue wat aanhou glo en lief is vir mense, vroue wat hulleself aan die Here wy en wat nederig is.

Currently Selected:

1 Timoteus 2: ABA

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy