YouVersion Logo
Search Icon

NUMERI 31

31
Wraak op die Midianiete
1Die Here het vir Moses gesê: 2“Die Israeliete moet wraak neem op die Midianiete omdat hulle julle verlei het. Daarna sal jy sterf.”
3Moses het toe vir die volk gesê: “Kry van julle manskappe reg om oorlog te gaan maak teen die Midianiete. Hulle moet in die Naam van die Here gaan wraak neem op die Midianiete. 4Uit elke stam van Israel moet julle 1 000 man uitstuur om te gaan veg.”
5Hulle het toe uit elke stam 1 000 man opgekommandeer; dus was daar 12 000 man wat reg was om in die oorlog te gaan veg. 6Moses het hulle uitgestuur om te gaan veg, 1 000 man uit elke stam, met Pinehas, die seun van die priester Eleasar, as hoofaanvoerder. Hy het gewyde voorwerpe uit die tabernakel en die trompette by hom gehad waarmee die oorlogsein gegee moes word.
7Hulle het gaan oorlog maak teen die Midianiete soos die Here vir Moses gesê het. Hulle het al die mans doodgemaak. 8Die vyf Midianitiese konings Ewi, Rekem, Sur, Gur en Reba is in die geveg dood. Die Israeliete het ook vir Bileam, die seun van Beor, doodgemaak.
9Hulle het die Midianitiese vroue met hulle kinders gevange geneem. Hulle het ook al hulle beeste, vee en eiendom buitgemaak. 10Hulle het al die stede waar die Midianiete gewoon het en die gehuggies waar hulle oorgebly het, met vuur verbrand. 11Die Israeliete het almal wat hulle gevange geneem het, en alles wat hulle onder die mense en diere geplunder het, saam met hulle gevat. 12Hulle het dit vir Moses en die priester Eleasar en die gemeenskap van Israel gebring waar hulle kamp opgeslaan het op die Moabsvlakte langs die Jordaan reg teenoor Jerigo. 13Moses, die priester Eleasar en al die leiers van die gemeenskap het hulle buite die kamp gaan ontmoet.
Moses se opdragte aan dié wat teruggekom het
14Moses was kwaad vir die aanvoerders van die leër#31:14 Of die aanvoerders van duisend en die van honderd. wat van die veldslag af teruggekom het. 15Moses het vir hulle gevra: “Waarom het julle al die vroue laat bly leef? 16Dit is hulle wat Bileam se raad gevolg het en veroorsaak het dat die Israeliete by Peor aan die Here ontrou was. Hulle is die oorsaak dat die plaag van die Here oor ons gekom het! 17Maak nou al die seuntjies dood en ook elke vrou wat al by ’n man geslaap het. 18Laat elke vrou bly leef wat nog ’n maagd is. Julle mag hulle vir julle as vroue vat. 19Elkeen van julle wat iemand doodgemaak het, of aan ’n lyk gevat het, moet sewe dae lank buite die kamp bly. Julle moet julleself en die mense wat julle gevange geneem het op die derde en die sewende dag reinig. 20Was al julle klere en reinig alles wat van leer, bokhaar of hout gemaak is.”
21Die priester Eleasar het toe vir die mans wat gaan oorlog maak het, gesê: “Die voorskrif wat die Here vir Moses gegee het, is: 22Enigiets wat van goud, silwer, brons, yster, tin, of lood gemaak is, 23alles wat nie met vuur vernietig kan word nie, moet julle in vuur reinig. Daarna moet dit met reinigingswater skoongemaak word. Alles wat in die vuur kan verbrand, hoef net met reinigingswater skoongemaak te word. 24Julle moet julle klere op die sewende dag was. Julle sal dan rein wees. Daarna mag julle terugkeer na die kamp toe.”
Verdeling van die buit
25Die Here het vir Moses gesê: 26“Jy en die priester Eleasar en die leiers van die stamme moet ’n opname maak van al die mense wat julle gevange geneem het en van al die diere wat julle buitgemaak het. 27Jy moet dit dan verdeel tussen hulle wat gaan oorlog maak het en die res van die mense. 28Staan aan die Here sy deel af van die gevangenes, die beeste, die donkies en die vee wat die oorlog opgelewer het. My deel is een uit elke 500. 29Die gedeelte wat jy by hulle vat, moet jy aan die priester Eleasar gee as ’n offergawe aan die Here. 30Vat uit die volk se deel een uit elke 50 van die mense, die beeste, die donkies, die kleinvee en die ander diere wat gevange geneem is. Gee dit vir die Leviete wat by die tabernakel werk.”
31Moses en die priester Eleasar het gemaak soos die Here vir Moses gesê het.
32Die buit wat die mans wat gaan veg het, gemaak het, was 675 000 skape, 3372 000 beeste, 3461 000 donkies, 35en 32 000 meisies wat nog nie ’n man gehad het nie. 36Die deel van die soldate wat gaan veg het, was 337 500 skape 37waarvan hulle 675 vir die Here gegee het, 3836 000 beeste waarvan 72 die Here s’n was, 3930 500 donkies waarvan 61 vir die Here gegaan het, 40en 16 000 meisies waarvan 32 die Here se deel was. 41Moses het alles wat hulle vir die Here afgestaan het, vir die priester Eleasar gegee soos die Here vir hom gesê het.
42Die deel vir die res van die Israeliete wat Moses by die soldate gevat het, was 43337 500 skape, 4436 000 beeste, 4530 500 donkies en 4616 000 meisies. 47Uit die deel wat die mense gekry het, het Moses een uit elke 50 persone en diere gevat en dit vir die Leviete gegee wat by die tabernakel van die Here gewerk het. Hy het gemaak soos die Here vir hom gesê het.
Die aanvoerders van die leër rapporteer aan Moses
48Die aanvoerders van die leër#31:48 Of Die bevelvoerders oor duisend en oor honderd., het toe na Moses gekom. 49Hulle het vir Moses gesê: “Meneer, ons het die mans getel wat onder ons bevel was. Ons vermis nie een van ons manskappe nie. 50Ons bring vir die Here ’n offer van al die goue goed wat ons gekry het: armringe en armbande, seëlringe, oorringe en halskettings. Dit moet vir ons versoening bring by die Here.” 51Moses en die priester Eleasar het al die goue voorwerpe van hulle ontvang. 52Al die goue goed wat die aanvoerders vir die Here kom offer het, het amper 200 kilogram geweeg. 53Die manskappe wat gaan veg het, het hulle oorlogsbuit vir hulleself gehou. 54Moses en die priester Eleasar het die goud by die aanvoerders gekry en dit na die tabernakel gebring. Dit sou die Here altyd aan Israel laat dink.

Currently Selected:

NUMERI 31: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy