YouVersion Logo
Search Icon

NUMERI 27

27
Bepaling vir die erfreg waar daar nie seuns is nie
1Selofgad se dogters was Magla, Noa, Gogla, Milka en Tirsa. Selofgad was die seun van Gefer, seun van Gilead, seun van Makir, seun van Manasse, seun van Josef.
2Sy dogters het met ’n saak na Moses, die priester Eleasar en al die leiers van die gemeenskap van Israel daar by die ingang van die tabernakel gekom. 3“Ons pa het in die woestyn gesterf. Hy het nie seuns gehad nie,” het hulle gesê. “Hy was nie een van Korag se meelopers wat teen die Here in opstand gekom het nie. Hy is dood oor sy eie sonde. 4Hoekom moet ons pa se naam uit sy stam verdwyn net oor hy nie seuns gehad het nie? Julle moet vir ons grond tussen ons familie gee.”
5Moses het die saak voor die Here gaan stel. 6Die Here het Moses geantwoord: 7“Wat Selofgad se dogters sê, is reg. Gee vir hulle grond as erfdeel tussen hulle familielede. Hulle moet hulle pa se erflating kry.
8“Sê ook vir die Israeliete: ‘Iemand wat sonder seuns doodgaan se erflating moet na sy dogters toe gaan. 9As hy nie dogters gehad het nie, moet sy erflating na sy broers toe gaan. 10As hy sonder broers doodgaan, moet sy eiendom na sy pa se broers toe gaan. 11Indien sy pa dan ook nie broers gehad het nie, moet sy eiendom na die naaste familielede in sy stam gaan.’ Dit is hoe die Here die saak deur Moses wetlik vir die Israeliete bepaal het.”
Die Here wys Moses se opvolger aan
12Die Here het vir Moses gesê: “Klim op die berg aan die oostekant#27:12 Of die Abarimberg.. Kyk van daar af na die land wat Ek vir die Israeliete gaan gee. 13Nadat jy klaar daarna gekyk het, sal jy ook by jou vaders versamel word#27:13 Of doodgaan. soos jou broer, Aäron. 14In die Sinwoestyn het julle al twee my bevel verontagsaam. Toe die volk met julle baklei het, het julle nie by die waters van Meriba, by Kades in die Sinwoestyn, vir hulle gewys hoe heilig Ek is nie.”
15Moses het vir die Here gesê: 16Here, God wat asem gee aan alles wat leef, wys asseblief tog ’n nuwe persoon aan vir die gemeenskap.
17“Laat dit iemand wees wat hulle kan lei sodat die gemeenskap van die Here nie leierloos word soos skape wat nie ’n herder het nie.”
18Die Here het vir Moses geantwoord: “Vat Josua, die seun van Nun. God se Gees is in hom. Sit jou hande op hom. 19Laat hom voor Eleasar die priester en voor die hele gemeenskap gaan staan. Gee hom dan die opdrag om hulle te lei. 20Dra jou gesag aan hom oor sodat al die Israeliete na hom sal luister. 21Hy sal saam met die priester Eleasar werk. Wanneer hy oor ’n saak moet beslis, sal Eleasar met die lot#27:21 Of die Urim. die wil van God bepaal. So sal Josua en die gemeenskap van Israel weet wat hulle moet doen.”
22Moses het gemaak soos die Here vir hom gesê het. Hy het Josua laat kom en hom aan die priester en die volk voorgestel. 23Hy het sy hande op hom gesit en sy pligte aan hom oorgedra, soos die Here vir Moses gesê het.

Currently Selected:

NUMERI 27: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy