YouVersion Logo
Search Icon

JOËL 1

1
1Joël was die seun van Petuel. Hy het die volgende boodskap van die Here ontvang.
Treur oor die sprinkaanplaag!
2Luister, leiers van die volk! Ook al julle inwoners van die land, luister hierna! Het so iets al vantevore in julle geskiedenis gebeur? 3Vertel dit vir julle kinders en julle kleinkinders en hulle weer vir geslagte wat nog kom. 4Snysprinkane het die oes kom opvreet. Wat oorgebly het, het die swermsprinkane verder verorber. Ná hulle het die jong sprinkane gekom, en wat hulle nog oor gelos het, het nog ’n swerm kom opvreet!
5Word wakker, al julle dronklappe! Huil! Al julle druiwe is tot niet, julle nuwe wyn is vir julle verlore! 6’n Verskriklike groot en magtige nasie het my land ingeval. Die nasie se tande is so skerp soos dié van leeus! 7Hulle het my wingerde en vyebome vernietig. Hulle het die bas afgetrek en die wit, kaalgestroopte takke weggegooi.
8Treur soos ’n jong meisie wat huil oor die dood van haar bruidegom. 9Daar is nie graan of wyn om by die tempel van die Here te offer nie. Die priesters wat diens doen vir die Here treur daaroor. 10Die weiding is verwoes, die aarde in ’n jammerlike toestand. Die koring, die wyn en die olywe is alles tot niet.
11Gee moed op, julle saaiboere! Kla, wynboere! Die koring en die gars – om die waarheid te sê, die hele oes – is vernietig. 12Die wingerde en die vyebome het verdroog en verdor. Die granaatbome, palmbome en die appelbome, al die vrugtebome het verdroog. Alle blydskap het daarmee saam verdwyn.
13Trek rouklere aan en treur, priesters! Huil, julle wat diens doen by die altaar! Julle wat in diens van my God is, kom met julle rouklere aan en bring die nag hier deur! Daar is nie graan of wyn om te offer by die tempel van julle God nie. 14Kondig ’n vasdag aan. Roep die gemeente saam. Bring die leiers en al die inwoners van die land by die tempel van die Here julle God bymekaar. Roep tot die Here! 15Die Dag van die Here is naby. Op dié dag sal die Almagtige verwoesting bring. O, wat ’n verskriklike dag!
16Ons het toegekyk terwyl ons kos voor ons oë verdwyn. Blydskap en vreugde het uit die huis van ons God verdwyn. 17Niks kom van die saad onder die kluite nie. Die skure en die meule staan leeg en verlate, want die koringoes het misluk. 18Hoe bulk die beeste nie van die honger nie! Die vee maal verward rond, want daar is geen weiding meer vir hulle nie. Selfs die troppe skape ly onder die straf.
19 Here, ons God, help ons! Vuur het al ons weiding verbrand en die bome in die veld verskroei. 20Selfs die wilde diere roep na U omdat hulle nie water het om te drink nie. Die stroompies het opgedroog en vuur het die weiding in die woestyn verteer.

Currently Selected:

JOËL 1: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy