YouVersion Logo
Search Icon

GENESIS 36

36
Die afstammelinge van Esau
1Hier volg die familieregister van die afstammelinge van Esau (ook Edom genoem). 2Esau het met twee Kanaänitiese meisies getrou. Dit was Ada, dogter van Elon die Hetiet, en Oholibama, die dogter van Ana en kleindogter van Sibon die Hewiet. 3Hy het ook getrou met sy niggie Basemat, dogter van Ismael en die suster van Nebajot. 4Esau en Ada se seun was Elifas. Die naam van Esau en Basemat se seun was Reüel. 5Esau en Oholibama se seuns was Jeüs, Jalam en Korag. Al hierdie seuns is vir Esau in die land Kanaän gebore.
6Esau het met sy vroue, kinders, slawe, beeste en kleinvee en al die besittings wat hy in die land Kanaän bekom het, weggetrek van sy broer Jakob. 7Daar was nie genoeg weiding vir die groot troppe beeste en kleinvee wat albei van hulle gehad het nie. 8Esau, ook genoem Edom, het in die Seïrberge gaan woon.
9Hier volg die lys van Esau se afstammelinge, die Edomiete, wat in die bergwêreld van Seïr gewoon het.
10Die name van Esau se seuns was: Elifas, seun van Esau se vrou Ada, en Reüel, seun van Esau se vrou Basemat.
11Die seuns van Elifas was Teman, Omar, Sefo, Gatam en Kenas. 12Elifas het nog ’n seun gehad met die naam Amalek. Sy ma was Timna, Elifas se byvrou. Dit is al die kleinkinders van Ada, Esau se vrou.
13Die seuns van Reüel was: Nagat, Serag, Samma en Missa. Dit is al die kleinkinders van Esau en Basemat.
14Esau het ook seuns gehad by Oholibama, die dogter van Ana en kleinkind van Sibon. Hulle name was: Jeüs, Jalam en Korag.
15Esau se kinders en kleinkinders het stamhoofde geword.
Die seuns van Esau se oudste seun Elifas wat stamhoofde geword het, was: Teman, Omar, Sefo, Kenas, 16Korag, Gatam en Amalek. Hierdie stamhoofde in die land Edom was afstammelinge van Elifas, die seun van Esau en Ada.
17Die seuns van Esau se seun Reüel wat stamhoofde geword het, was: Nagat, Serag, Samma en Missa. Hierdie stamhoofde in die land Edom was afstammelinge van Reüel, die seun van Esau en Basemat.
18Die seuns van Esau en sy vrou Oholibama wat stamhoofde geword het, was: Jeüs, Jalam en Korag. Hierdie stamhoofde was afstammelinge van Esau se vrou Oholibama, die dogter van Ana.
19Dit is al die stamhoofde wat van Esau, ook bekend as Edom, afgestam het.
Die eerste inwoners van Edom
20Seïr die Goriet was die eerste inwoner van die land Seïr. Sy seuns was Lotan, Sobal, Sidon, Ana, 21Dison, Eser en Disan. Hulle was almal stamhoofde van die Goriete, die nageslag van Seïr in die land Edom.
22Lotan se seuns was: Gori en Hemam. Timna was Lotan se suster.
23Sobal se seuns was: Alwan, Managat, Ebal, Sefi en Onam.
24Sibon se seuns was: Aja en Ana. Dit is die Ana wat die warmbronne in die woestyn ontdek het terwyl hy sy pa se donkies opgepas het.
25Ana se seun was Dison en sy dogter was Oholibama.
26Dison#36:26 Grondteks Disan, dalk ’n variant vir Dison, vgl 36:21, 28. se seuns was: Gemdan, Esban, Jitran en Keran.
27Eser se seuns was: Bilhan, Saäwan en Akan.
28Disan se seuns was: Us en Aran.
29Die stamhoofde van die Goriete was: Lotan, Sobal, Sibon, Ana, 30Dison, Eser en Disan. Dit is die stamhoofde van die Goriete volgens die stamme in die land Seïr.
Die heersers van Edom
31Voor daar nog enige konings in Israel was#36:31 Of Voordat ’n koning van Israel oor hulle geheers het., het die volgende konings in Edom regeer:
32Bela, seun van Beor, wat uit sy stad Dinhaba geheers het.
33Toe Bela sterf, het Jobab, seun van Sera, uit Bosra koning geword.
34Toe Jobab sterf, het Gusam uit die land van die Temaniete koning geword.
35Toe Gusam sterf, het Hadad, seun van Bedad, koning geword en vanuit die stad Awit regeer. Hy het die leër van die Midianiete in die land van Moab verslaan.
36Toe Hadad sterf, het Samla uit die stad Masreka koning geword.
37Toe Samla sterf, het Saul uit die stad Rehobot-aan-die-Rivier#36:37 Kan dalk wees Rehobot-aan-die-Eufraatrivier. koning geword.
38Toe Saul sterf, het Baäl-Ganan, seun van Akbor, koning geword.
39Toe Baäl-Ganan sterf, het Hadad#36:39 Grondteks Hadar. Sommige Hebreeuse manuskripte, die Samaritaanse Pentateug en die Siriese vertaling (vgl ook 1 Kron 1:50) lees egter Hadad. koning geword en vanuit die stad Paü regeer. Hadad se vrou was Mehetabel, die dogter van Matred en kleindogter van Me-Sahab.
40Dit is die stamhoofde van Esau volgens hulle woonplekke: Timna, Alwa, Jetet, 41Oholibama, Ela, Pinon, 42Kenas, Teman, Mibsar, 43Magdiël en Iram. Dit is die name van die stamhoofde van Esau, voorvader van die Edomiete, volgens hulle woonplekke in die gebied wat hulle beset het.

Currently Selected:

GENESIS 36: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy