YouVersion Logo
Search Icon

ESEGIËL 41

41
1Hierna het die man my in die tempel na die groot vertrek geneem, en hy het die pilare weerskante van die ingang van die tempel gemeet. Hulle was drie meter#41:1 Grondteks ses el. In hierdie hoofstuk word afstandmate bereken aan die hand van die Hebreeuse lang el, wat 53 sentimeter lank is. in deursnee. 2Die ingang was vyf meter wyd, en die mure aan weerskante was twee en ’n half meter lank. Die tempelvertrek was twintig meter lank en tien meter breed.
3Die man het na die binneste vertrek toe gegaan. Hy het die pilare by die ingang gemeet. Hulle was een meter dik. Die ingang self was drie meter wyd en die mure aan weerskante was drie en ’n half meter lank. 4Die binneste vertrek was tien meter lank en tien meter breed. Hy sê toe: “Dit is die Allerheiligste.”
5Toe het hy die muur van die tempelgebou gemeet. Dit was drie meter dik. Buite om die tempelgebou was daar kamers aangebou, twee meter breed. 6Die kamers was op drie vlakke gebou, met 30 kamers op elke vlak. Die muur waarop hierdie kamers rus, was nie op die tempelmuur gebou nie, maar was in ’n afsonderlike muur ingebou. 7Elke vlak was wyer as die vorige een soos die tempelmuur breër geword het hoe hoër dit gegaan het. Trappe het opgelei van die onderste verdieping af deur die middelste na die boonste toe.
8Ek het opgemerk dat die tempelgebou op ’n terras gebou is wat die fondament vir die sykamers was. Die terras was drie meter hoog. 9Die buitenste muur van die tempel se sykamers was twee en ’n half meter breed. So was daar ’n oop area tussen hierdie sykamers 10en die ry kamers langs die buitenste muur van die binneste hof. Hierdie oop area was tien meter wyd en dit het reg rondom die tempel gegaan. 11Twee deure het vanuit die sykamers op die terrasarea oopgemaak, en dit was twee en ’n half meter breed. Daar was ingange aan die noorde- en die suidekant.
12Daar was ’n groot gebou aan die westekant wat na die tempelhof gekyk het. Dit was 35 meter breed en 45 meter lank, en sy muur rondom was twee en ’n half meter dik. 13Die man het eers die tempel gemeet. Dit was 50 meter lank. Daarna het hy die tempelhof agter die tempelgebou saam met die westelike gebou en sy mure gemeet, en dit was ook 50 meter lank. 14Die binneste hof aan die oostekant van die tempel was 50 meter wyd. 15Daarna het hy die westelike gebou gemeet, insluitende die mure, wat 50 meter wyd was.
Die voorste en binneste tempelvertrek en die voorportaal was met houtpanele oordek 16soos ook die drumpels, die hortjievensters en die gange rondom die tempelgebou, en ook die voorkante van die drumpels. Dit was alles met houtpanele oordek. Van die grond af tot teen die vensteropenings was alles met houtpanele oordek, ook die vensteropenings self. 17Bokant die ingang na die binneste heiligdom en teen die mure rondom, binne en buite, 18was die mure versier met gerubs en palmversierings, met elke keer ’n palm tussen twee gerubs. Elke gerub het twee gesigte gehad, 19’n gesig soos ’n mens wat na die kant van die palm aan die een kant kyk, en ’n gesig soos ’n leeu wat na die kant van die palm aan die ander kant kyk. Die figure was al langs die binnekant van die tempel uitgekerf.
20Van die grond af tot bokant die ingang was daar gerubs en palms aangebring, ook teen die buitenste muur van die Allerheiligste.
21Die deurkosyn van die voorste tempelvertrek was vierkantig, en ook dié van die Allerheiligste. 22Hier was ook ’n altaar wat van hout gemaak is, een en ’n half meter hoog en een meter lank. Sy hoeke en sy kante rondom was van hout. Die man het vir my gesê: “Dit is die tafel wat in die teenwoordigheid van die Here staan.”
23Die voorste tempelvertrek en die Allerheiligste het elkeen ’n deur gehad. 24Elke deur het twee swaaideure gehad. 25Die deure na die voorste tempelvertrek was versier met uitgekerfde gerubs en palms, net soos op die mure. Voor die voorportaal van die tempel aan die buitekant was ’n afdak van hout. 26In die mure weerskante van die voorportaal was daar vensteropenings met hortjies, en teen die mure was palmversierings. Dit was ook die geval met die verdiepinggebou rondom die tempel en met die afdakke.

Currently Selected:

ESEGIËL 41: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy