YouVersion Logo
Search Icon

ESEGIËL 40

40
Die nuwe tempel
1Op 28 April in die 25ste jaar van ons ballingskap#40:1 Grondteks In die 25ste jaar van ons ballingskap, aan die begin van die jaar, op die tiende dag van die maand, van die Hebreeuse kalender. ’n Aantal datums in Esegiël kan gekontroleer word met datums uit bestaande Babiloniese rekords en met ons moderne kalender gesinchroniseer word. Dié gebeure vind plaas op 28 April 573 vC., veertien jaar ná die val van Jerusalem, was die Here se hand op my. 2In visioene het God my na die land Israel geneem en my op ’n hoë berg neergesit. Van daar kon ek iets sien soos ’n stad oorkant my, na die suidekant toe. 3Soos Hy my naderbring, sien ek ’n man wie se gesig soos koper blink en wat by ’n hek staan. Hy het ’n maatband en ’n meetstok in sy hand gehad.
4Dié man sê toe vir my: “Mensekind, kyk en luister aandagtig. Gee aandag aan alles wat ek vir jou wys. Jy het hiernatoe gekom sodat ek jou baie dinge kan wys. Dan kan jy na die mense van Israel teruggaan en hulle vertel wat jy alles gesien het.”
Die oostelike ingang
5Ek sien toe ’n muur wat die hele tempelarea omring. Die man se meetstok was drie meter#40:5 Grondteks ses el lank, elkeen was ’n el en ’n handlengte lank. Ses el is ongeveer 3,2 meter, waar ’n el 45 sentimeter en ’n handbreedte 8 sentimeter lank is. Afstandmate word hier bereken aan die hand van die Hebreeuse lang el van ongeveer 53 sentimeter. lank. Hy het die muur gemeet, en dit was drie meter breed en drie meter hoog.
6Toe het hy na die ingang gegaan by die oostelike muur, die trappe opgeklim en die drumpel van die ingang gemeet. Dit was drie meter breed#40:6 Grondteks een meetstok breed. Dit is 3,2 meter.. 7Die sykamers vir die wagte aan elke kant was elkeen drie vierkante meter, en die mure tussen die sykamers was elkeen twee en ’n half meter dik.
Agter teen die poortgebou was daar ’n ingangsportaal, en die drumpel na die portaal was drie meter breed. 8Hy het ook die ingangsportaal na die hek gemeet#40:8 Sommige grondtekste voeg by wat na die binnekant van die tempel kyk, en dit was een roede lank. 9 Toe het hy die ingang na die voorportaal van die ingang gemeet ... ’n Roede is dan 3,2 meter lank., 9en dit was vier meter. Die pilare wat dit gedra het, was een meter dik. Dié ingangsportaal was aan die binnekant van die ingang en het na die tempel gekyk.
10Daar was drie sykamers vir wagte aan weerskante, almal ewe groot, en die mure tussenin was ewe dik. 11Die man het die ingang gemeet, wat vyf meter wyd was as dit oop staan, maar die volle wydte van die poort was ses en ’n half meter. 12Voor elkeen van die sykamers was ’n afskorting van ’n half meter dik. Die sykamers was elkeen drie vierkante meter.
13Hy het toe verder die volle lengte van die ingang gemeet tussen die agterste mure van die sykamers wat na mekaar kyk, en dit was twaalf en ’n half meter wyd. 14Hy het die skeidingsmure al langs die binnekant van die ingang gemeet tot by die voorportaal, en die lengte was 30 meter#40:14 Die grondteks se betekenis is onduidelik.. 15Die volle lengte van die toegangsportaal tot by die ingang was 25 meter. 16Agter in die sykamers en in die skeidingsmure was vensteropenings ingelaat. Daar was ook vensters in die voorportaal.
Die skeidingsmure was versier met gekerfde palmbome.
Die buitenste voorhof
17Die man het my toe na die buitenste voorhof gevat. Rondom die voorhof was daar vertrekke en ’n plaveisel. Daar was 30 vertrekke teenaan die plaveisel.
18Die plaveisel was weerskante van die ingange en was so breed soos die voorpoorte. Dit was die laer plaveisel. 19Die man het toe die afstand gemeet tussen die tempel se buitenste voorhof tussen die binneste en buitenste ingange, en dit was 50 meter.
Die noordelike ingang
20Daar was ’n ingang aan die noordekant net soos aan die oostekant, en die man het dit ook gemeet. 21Hier was ook drie sykamers vir wagte en ’n voorportaal. Die afmetings was 25 meter lank en twaalf en ’n half meter wyd, net soos die ander ingang.
22Die vensters, toegangsportaal en palmversierings was identies aan dié van die oostelike ingang. Daar was sewe trappe wat na die ingang gelei het, en die ingangsportaal was binne-in die poort. 23Net soos aan die oostekant was daar ook aan die noordekant ’n poortgebou wat na die binnekant van die tempel gelei het. Die afstand tussen die buitenste en die binneste poorte was 50 meter.
Die suidelike ingang
24Daarna neem die man my na die suidekant toe, waar die suidelike ingang was. Hy het die tussenmure en die toegangsportaal van die poortgebou gemeet, en dit was presies dieselfde as dié in die ander poortgeboue. 25Net soos die ander, het die toegangsportaal ook vensteropenings rondom gehad wat 25 meter lank en twaalf en ’n half meter wyd was. 26Daar was sewe trappe op na die ingang toe en agterin was ’n toegangsportaal. Die mure aan weerskante was met palms versier.
27Reg oorkant die buitenste ingang was nog ’n poort wat na die binneste hof gelei het. Die afstand tussen die binneste en die buitenste poortgeboue aan die suidekant was 50 meter.
Ingange na die binneste hof
28Daarna het die man my deur die suidelike ingang na die binneste voorhof toe gebring. Hy het dit gemeet en die afmetings was dieselfde as by die ander ingange. 29Die sykamers, die tussenmure en toegangsportaal in dié gebou was dieselfde grootte as in die ander. Daar was ook vensteropenings langs die mure en in die voorportaal wat 25 meter lank en twaalf en ’n half meter wyd was. 30Elke poortgebou het ’n toegangsportaal gehad wat twaalf en ’n half meter lank en twee en ’n half meter wyd is. 31Die voorportaal van die suidelike ingang het op die buitenste voorhof uitgekyk. Die mure was met palms versier, en agt trappe het na die ingang gelei.
32Daarna het die man my na die oostelike ingang van die binneste voorhof gevat. Hy het die poort daar gemeet. Die afmetings was dieselfde as dié van die ander. 33Die sykamers, die tussenmure en die toegangsportaal in dié gebou het dieselfde afmetings gehad as in die ander. Daar was ook vensteropenings langs die mure en in die voorportaal. Die ingang was 25 meter lank en twaalf en ’n half meter wyd. 34Die voorportaal het op die buitenste voorhof uitgekyk. Daar was palmversierings aan die mure aan weerskante, en agt trappe het na die ingang gelei.
35Daarna het die man my na die noordelike ingang gevat. Hy het dit gemeet, en die afmetings was dieselfde as die ander ingange. 36Die sykamers, mure en toegangsportaal het dieselfde afmetings as die ander gehad, en daar was ook vensteropenings rondom. Die ingang was 25 meter lank en twaalf en ’n half meter wyd. 37Sy voorportaal het op die buitenste voorhof uitgekyk, en daar was versierings van palms aan die mure. Agt trappe het na die ingang gelei.
Kamers om die offers voor te berei
38’n Deur het uit die voorportaal na die binneste ingang aan die noordelike kant gelei, na ’n sykamer waar die vleis vir die offers gewas is voor dit na die altaar geneem is. 39Aan elke kant van hierdie voorportaal was daar twee tafels waar die offerdiere geslag is vir die brandoffer, sonde-offer en skuldoffer. 40Buite, langs die voorportaal, aan elke kant van die trappe wat na die noordelike ingang opgaan, was nog twee tafels. Aan die ander kant van die trappe was daar ook twee tafels. 41Daar was dus agt tafels in totaal, vier binne en vier buite. Dis waar die offers opgesny en voorberei is. 42Daar was ook vir die voorbereiding van die brandoffer vier tafels van gekapte klip, elkeen ’n driekwart vierkante meter en ’n half meter hoog. Op hierdie tafels is die slagmesse neergesit om die brandoffer en ander offers te slag. 43Hier was hake, elkeen agt sentimeter#40:43 Grondteks ’n handbreedte. lank, wat aan die voorportaal se muur vas is. Die offervleis is op die tafels neergesit.
Kamers vir die priesters
44Binne die binneste voorhof was daar twee geboue met vertrekke vir die sangers, een teen die noordelike ingang wat suid kyk en die ander teen die oostelike ingang wat noord kyk.
45Die man sê toe vir my: “Die gebou langs die noordelike binneste ingang is vir die priesters wat in die tempel werk. 46Die vertrek langs die suidelike binne ingang is vir die priesters, die nageslag van Sadok, wat by die altaar diens doen. Net hulle alleen van al die Leviete mag voor die altaar kom om die diens aan die Here te verrig.”
Die binneste voorhof en die tempel
47Die man het die binneste voorhof gemeet en dit was 50 vierkante meter. Die altaar het daar in die hof voor die tempel gestaan. 48Daarna het hy my na die voorportaal van die tempel toe gebring. Hy het die pilare gemeet wat die struktuur ondersteun, en dit was twee en ’n half meter lank aan weerskante. Die ingang was een en ’n half meter breed aan weerskante. 49Die portaal was tien meter lank en ses meter breed. Tien trappe het na die ingang gelei. Daar was pilare teen die mure weerskante van die ingang, een aan elke kant.

Currently Selected:

ESEGIËL 40: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy