YouVersion Logo
Search Icon

ESEGIËL 25

25
’n Boodskap vir Ammon
1Die Here het vir my gesê: 2“Mensekind, kyk in die rigting van die land van Ammon en profeteer teen sy mense. 3Sê vir die Ammoniete die oppermagtige Here sê: Hoor die boodskap van die oppermagtige Here! Jy het met my volk gespot toe my woonplek ontheilig is, en Israel geminag toe hy verlate gemaak is. Jy het gelag omdat Juda in ballingskap weggevoer is.
4“Daarom laat Ek toe dat die mense van die ooste jou vir hulle vat. Hulle sal kampe rondom jou opslaan en hulle tente in jou land oprig. Hulle sal jou vrugte eet en jou vee steel.
5“Ek verander die stad Rabba in ’n weiveld vir kamele en Ammon sal ’n skaapkraal word. Dan sal jy besef dat Ek die Here is.
6“Die oppermagtige Here sê: Jy het ewe hatig jou hande geklap en voete gestamp en gejuig toe my volk vernietig is; 7daarom lig Ek my vuis teen jou. Jy sal buit vir die nasies word. Jy sal nie meer ’n nasie wees nie. Ek vernietig jou heeltemal. Dan sal jy besef dat Ek die Here is.”
’n Boodskap vir Moab
8“Die oppermagtige Here sê: Die mense van Moab en Seïr sê Juda is maar net soos al die ander nasies; 9daarom stroop Ek Moab van sy stede, sy mooi stede. Bet-Jesimot, Baäl-Meon en Kirjatajim, die grensstede, sal verwoes word. 10Ek gee Moab oor aan die mense van die ooste, net soos Ek met Ammon gemaak het. Die Ammoniete sal nie meer tussen die nasies getel word nie.
11“Op dieselfde manier bring Ek my oordeel oor die Moabiete. Dan sal hulle besef dat Ek die Here is.”
’n Boodskap vir Edom
12“Die oppermagtige Here sê: Die mense van Edom het afgryslik gehandel toe hulle hulleself op die mense van Juda gewreek het. 13Daarom sê die oppermagtige Here: Ek lig my vuis teen Edom om hom te oordeel. Mens en dier wis Ek uit met die swaard. Ek maak die land verlate. Van Teman tot by Dedan sal almal doodgemaak word. 14Ek gebruik Israel om My op Edom te wreek. Hulle sal my woede op Edom afkoel. Edom sal my wraak smaak. Ek, die oppermagtige Here, het so gesê.”
’n Boodskap vir Filistea
15“Die oppermagtige Here sê: Die Filistyne het wraaksugtig opgetree en hulle op Juda gewreek, want vir baie lank haat hulle die mense van Juda. 16Daarom sê die oppermagtige Here: Ek lig my vuis van oordeel teen die land van die Filistyne. Ek wis die Kretense uit, die mense wat by die see leef. 17Ek gaan My volledig op hulle wreek en hulle in my woede straf. En as Ek My op hulle gewreek het, sal hulle besef dat Ek die Here is.”

Currently Selected:

ESEGIËL 25: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy