YouVersion Logo
Search Icon

1 TESSALONISENSE 3

3
1Daarom, toe ons dit nie langer kon uithou nie, het ons besluit om alleen in Atene agter te bly 2en Timoteus na julle toe te stuur. Hy is ons broer en werk saam met ons vir God deur die Goeie Nuus#3:2 Of evangelie. oor Christus te verkondig. Ons het hom gestuur om julle in die geloof te versterk en aan te spoor 3sodat niemand onder dié vervolging sou begin wankel nie. Julle weet self dat ons vir vervolging bestem is. 4Ook toe ons nog by julle was, het ons vooraf vir julle gesê dat ons op die punt staan om vervolg te word. En, soos julle weet, het dit toe ook gebeur.
5Daarom, toe ek ook nie langer kon uithou nie, het ek Timoteus gestuur om oor julle geloof uit te vind of die verleier julle nie op ’n manier verlei het en ons harde werk op niks uitgeloop het nie.
6Maar nou het Timoteus van julle af by ons teruggekom met goeie nuus oor julle geloof en liefde. Hy het ook vertel dat julle altyd goeie herinneringe aan ons het en dat julle net so baie na ons verlang as ons na julle. 7Daarom, broers en susters#3:7 Grondteks broers., deur júlle geloof is ons in al ons nood en swaarkry oor julle gerusgestel. 8Want toe dit blyk dat julle sterk staan in julle verhouding met die Here#3:8 Grondteks as julle sterk staan in die Here., het ons weer begin lééf! 9Hoe kan ons God ooit genoeg vir julle dank? Wat kan ons vir Hom terugdoen vir al die vreugde oor julle waarmee ons voor ons God bly is? 10Dag en nag#3:10 Grondteks nag en dag. vra ons ernstig om julle weer persoonlik te sien en om die tekorte van julle geloof aan te vul.
11Mag God ons Vader en Jesus ons Here self ons pad na julle toe oopmaak. 12En mag die Here julle liefde vir mekaar en vir alle mense so groot en oorvloedig maak dat dit net soos ons liefde vir julle sal wees. 13Mag Hy julle geestelike lewe#3:13a Grondteks julle harte. so sterk maak dat julle volkome in julle toewyding voor ons God en Vader sal staan wanneer ons Here Jesus kom saam met almal wat aan Hom behoort#3:13b Grondteks met al sy heiliges..

Currently Selected:

1 TESSALONISENSE 3: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy