1
Josua 6:2
Bybel vir almal
ABA
Die Here het vir Josua gesê: “Luister na My, Ek gee Jerigo vir jou, en ook sy koning en sy soldate, julle sal hulle oorwin.
Compare
Explore Josua 6:2
2
Josua 6:5
Wanneer die priesters die ramshorings lank aanmekaar blaas, en julle hoor dit, dan moet al die manne hard skree om die oorlog te begin. Die muur van die stad sal dan omval, en die manne moet opklim, elkeen moet reguit vorentoe gaan.”
Explore Josua 6:5
3
Josua 6:3
Julle moet om die stad loop, almal wat kan oorlog maak. Julle moet ses dae lank elke dag een maal om die stad loop.
Explore Josua 6:3
4
Josua 6:4
Sewe priesters moet elkeen 'n ramshoring dra voor die kis. Op die sewende dag moet julle sewe maal om die stad loop terwyl die priesters die ramshorings blaas.
Explore Josua 6:4
5
Josua 6:1
Die stad Jerigo was toe. Die poorte was gesluit sodat die Israeliete nie kon inkom nie. Niemand het uit die stad gegaan nie en niemand het ingekom nie.
Explore Josua 6:1
6
Josua 6:16
En toe die priesters die sewende maal die ramshorings blaas, het Josua vir die manne gesê: “Julle moet skree om die oorlog te begin, want die Here sal julle laat wen teen die mense van hierdie stad.
Explore Josua 6:16
7
Josua 6:17
Maar julle moet die stad en alles wat daarin is, aan die Here wy en julle moet dit verwoes. Net die prostituut Ragab en almal by haar in haar huis mag aanhou lewe, want sy het ons boodskappers weggesteek.
Explore Josua 6:17
Home
Bible
Plans
Videos