1
Genesis 22:14
Bybel vir almal
ABA
Abraham noem toe die plek “Die Here gee wat jy nodig het.” Die mense sê vandag nog: “Die Here sal op sy berg gee wat jy nodig het.”
Compare
Explore Genesis 22:14
2
Genesis 22:2
Toe sê God: “Neem jou seun, jou enigste seun vir wie jy lief is, neem vir Isak en gaan na Moria-land. Jy moet jou seun daar vir My offer. Hy moet die brand-offer wees. Jy moet hom offer op een van die berge wat Ek vir jou sal wys.”
Explore Genesis 22:2
3
Genesis 22:12
Toe sê God: “Moenie aan jou seun raak of iets aan hom doen nie, want nou weet Ek dat jy My wil dien. Jy het nie geweier om jou enigste seun vir My te offer nie.”
Explore Genesis 22:12
4
Genesis 22:8
En Abraham sê: “My seun, God sal self die skaap vir die brand-offer gee.” Hulle twee het saam verder geloop.
Explore Genesis 22:8
5
Genesis 22:17-18
dat Ek jou baie sal seën. Ek sal jou nageslag baie maak, so baie soos die sterre in die lug en so baie soos die sand langs die see. Jou nageslag sal hulle vyande se stede oorwin. Al die volke van die aarde sal My vra om hulle te seën soos Ek jou nageslag sal seën. Ek sal dit doen omdat jy gedoen het wat Ek gesê het.”
Explore Genesis 22:17-18
6
Genesis 22:1
Daarna het God vir Abraham getoets. Hy het vir Abraham gesê: “Abraham!” En Abraham het geantwoord: “Hier is ek!”
Explore Genesis 22:1
7
Genesis 22:11
maar toe roep die Engel van die Here uit die hemel vir hom en sê: “Abraham! Abraham!” En hy antwoord: “Hier is ek!”
Explore Genesis 22:11
8
Genesis 22:15-16
Die Engel van die Here het weer uit die hemel met Abraham gepraat en gesê: “Jy het gedoen wat Ek gevra het. Jy het nie geweier om jou seun te offer nie. Daarom belowe Ek, die Here
Explore Genesis 22:15-16
9
Genesis 22:9
Toe hulle by die plek kom wat God vir Abraham gesê het, het Abraham daar 'n altaar gebou en hy het die hout uitgepak. Hy het sy seun Isak vasgebind en hom op die altaar gesit, bo-op die hout.
Explore Genesis 22:9
Home
Bible
Plans
Videos