1
2 KRONIEKE 20:15
Nuwe Lewende Vertaling
Hy het gesê: “Luister, alle inwoners van Juda en Jerusalem! Luister, koning Josafat! Dit is wat die HERE vir julle sê: Moenie bang wees nie! Moenie moedeloos wees oor hierdie magtige leër nie, want die oorlog is nie julle s’n nie, maar God s’n.
Compare
Explore 2 KRONIEKE 20:15
2
2 KRONIEKE 20:17
Dit sal nie vir julle nodig wees om te veg nie. Neem julle posisies in, en staan dan en kyk na die oorwinning van die HERE. Hy is met julle, inwoners van Juda en Jerusalem. Moenie bang of moedeloos wees nie. Gaan môre soontoe, want die HERE is met julle!”
Explore 2 KRONIEKE 20:17
3
2 KRONIEKE 20:12
Ons God, sal U nie oor hulle oordeel nie? Ons is magteloos teen hierdie groot leër wat op die punt is om ons aan te val. Ons weet nie wat om te doen nie, maar ons kyk op na U vir hulp.”
Explore 2 KRONIEKE 20:12
4
2 KRONIEKE 20:21
Nadat hy die leiers van die volk geraadpleeg het, het die koning sangers aangestel om voor die leër uit te stap. Hulle het tot eer van die HERE gesing en Hom geprys vir sy heerlike heiligheid: “Loof die HERE, want sy troue liefde duur vir altyd.”
Explore 2 KRONIEKE 20:21
5
2 KRONIEKE 20:22
Die oomblik toe hulle begin sing en die HERE prys, het Hy veroorsaak dat die leërs van Ammon, Moab en die Seïrberge onder mekaar begin veg.
Explore 2 KRONIEKE 20:22
6
2 KRONIEKE 20:3
Josafat was baie ontsteld oor hierdie nuus en het vir die HERE raad gevra. Hy het ook beveel dat elkeen in Juda moet vas.
Explore 2 KRONIEKE 20:3
7
2 KRONIEKE 20:9
Hulle het gesê: ‘As ons bedreig word met rampspoed soos oorlog, siekte of hongersnood, sal ons kom staan in u teenwoordigheid voor hierdie tempel waar u Naam vereer word. Ons sal tot U roep uit ons ellende, en U sal ons hoor en ons verlos.’
Explore 2 KRONIEKE 20:9
8
2 KRONIEKE 20:16
Môre moet julle teen hulle uittrek. Julle sal hulle teëkom wanneer hulle opkom teen die pas van Sis, by die einde van die vallei wat uitmond op die Jeruelwoestyn.
Explore 2 KRONIEKE 20:16
9
2 KRONIEKE 20:4
Die mense het van al die dorpe in Juda na Jerusalem toe gekom om die HERE se hulp te soek.
Explore 2 KRONIEKE 20:4
YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy
Home
Bible
Plans
Videos