Leesplan inligting

Oswald Chambers: Hoop - ‘n Heilige Belofte Voorbeeld

Oswald Chambers: Hope - A Holy Promise

DAG 11 VAN 30

Dink aan die slegste mens wat jy ken, nie die slegste mens wat jy jou kan voorstel nie, want dit is te vaag. Het jy enige hoop vir hierdie mens? Help die Heilige Gees jou om daardie mens in Christus Jesus as volmaak te sien? Hierdie toets bepaal of jy leer om oor mense te dink soos wat Jesus oor hulle dink. Die Heilige Gees help ons om die werk te begryp wat Jesus om die mens se ontwil gedoen het, omdat "Hy ook dié wat deur Hom na God gaan, eens en vir altyd verlos."



Die gawes van die Gees is op God se opperheerskappy gebaseer en nie op ons geaardheid nie. Wat maak dit vir die almagtige Heer saak wat jou vroeëre opleiding was! Wat vir Hom saak maak is dat jy nie staatmaak op jou eie insig nie, maar dat jy Hom ken in al jou weë. Die grootste struikelblok wat sommige mense verhoed om dissipels van Jesus te wees, is dat hulle talentvol is — so talentvol dat hulle nie met hulle hele hart op die Here wil vertrou nie.



Oordenkingsvrae: Hoe beperk ek God as ek aan sekere mense of situasies as hopeloos dink? Watter natuurlike talente vertrou ek meer as vir God?



Aanhalings uit: "Conformed to His Image" en "Approved Unto God", © Discovery House Uitgewers
Dag 10Dag 12

Aangaande hierdie leesplan

Oswald Chambers: Hope - A Holy Promise

Hoop: ‘n Heilige Belofte, is ‘n inspirerende skatkis van aanhalings uit die werke van Oswald Chambers, die wêreld se mees geliefde oordenkingskrywer en outeur van "My Utmost for His Highest". Chambers sal jou inspireer e...

More

We would like to thank Discovery House Publishers for providing this plan. For more information, please visit: www.utmost.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid