Leesplan inligting

Die SoektogVoorbeeld

The Quest

DAG 5 VAN 7

Ons het nou reeds na twee van ons vyf vrae gekyk: 1) Waar is jy? en 2) Wie het dit vir jou gesê? Ons derde vraag is die vraag wat Jesus in Johannes 1:38 gevra het: "Wat soek jy?" Hy is nie beïndruk as ons op Hom reageer met wat ons dink Hy wil hoor nie. Jesus is geheel en al in staat om ons eerlikheid te hanteer. Hy weet wanneer die regte antwoord op die vraag: "Waarna soek jy?" 'n probleem is. Of geld. Of sekuriteit. Of seks. Of inhoud. Soms is die kragtigste getuienis: "Ek het ___________________ gesoek en Jesus gevind."



Die Samaritaanse vrou in Johannes 4 het nie na die put toe gekom omdat sy Jesus gesoek het nie. Sy het water gesoek, en Hy het haar aan die lewende water voorgestel. Sy is nie verwerp omdat sy die verkeerde ding wou hê nie. Jesus gebruik wat sy gesoek het, om dit vir haar te bring wat Hy geweet het sy diep in haar hart die meeste na gedors het: 'n Verlosser wat die waansin kon stop, haar sondes kon vergewe en haar waardigheid sou kon gee. Die Messias wat die regte weergawe van haar verhaal geken het en nie haar slim praatjies sou glo nie.



Net so was Jesus die laaste ding wat Saulus gedink het hy wil hê, toe hy op die pad na Damaskus in Hom vasgeloop het. Hy het nie na Jesus gesoek nie. Hy het Jesus se volgelinge vervolg. Jy sien, die wat vra ontvang, selfs al verskil dit wat hulle ontvang van dit wat hulle gevra het. Soekers vind, selfs al verskil dit wat hulle vind van dit wat hulle gesoek het. Deure gaan ​​oop vir dié wat klop, selfs al maak 'n onverwagte gasheer die deur oop. Hy kyk verby ons tydelike begeertes en voorsien wat ons die graagste sou wou hê as ons oor die wenstreep gaan. Jesaja 46:10 vat 'n geweldige begrip vas wat ons soektog aanbetref: God weet van die begin af wat die einde gaan wees. Daardie woorde is 'n bepalende faktor in hierdie Olimpiese wedloop. Dit gee die soeker vertroue.



Wat is jou diepste begeertes? Waarna hunker jy? Watter van dié is steeds onvervuld? Skryf aan God en vertel Hom alles waarna jy hunker. Wat jy begeer. Vertel Hom watter begeertes jou dryf. Jy sal binnekort besef dat God sommige van daardie begeertes self in jou hart geplaas het.



Ter afsluiting, lees die woorde van Psalm 38:9 hardop vir Jesus. Besin daaroor. Memoriseer dit. Laat hierdie waarheid 'n tent wees waarin jy kan rus tydens jou soektog.


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

The Quest

In hierdie 7-dag leesplan, gebruik Beth Moore vrae vanuit die Skrif om jou na intimiteit te lei met die Een wat jou die beste ken. Die vraagteken aan die einde van 'n sin is sprekend van nuuskierigheid, belangstelling en...

More

Baie dankie aan Beth Moore en LifeWay Women wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.lifeway.com/thequest

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid