Leesplan inligting

Om Reg Op Te Tree Teenoor AnderVoorbeeld

Getting It Right With Others

DAG 1 VAN 5

Wat is konflik?



Het jy al ooit opgemerk dat jou grootste pyn en teleurstelling die gevolg van 'n gebroke verhouding was? 



Wanneer iets tussen jou en iemand anders nie reg is nie, noem ons dit konflik. 



Jy weet mos hoe dit gaan. Dit is soos die keer toe jy 'n aaklige stryery met jou ouers gehad het, of toe jou vriend gerugte oor jou by die skool versprei het. Of dalk was dit toe jou vriend of vriendin jou op Snapchat afgesê het.



Dis nie moeilik om konflik te verstaan nie, want ons ervaar dit elke dag. Jammer dat ek dit moet sê, maar dit is ook onvermydelik. Hoekom? Omdat ons mense is, en mense maak foute! Nie een van ons is perfek nie, en wanneer onvolmaakte mense probeer om dinge te doen, kan konflik maklik ontstaan. 



Konflik is egter nie altyd 'n slegte ding nie. Trouens, gesonde konflik kan tot gesonde verhoudings lei. As ons egter nie die konflik op 'n gesonde manier hanteer nie, is dit soos gif. Dit sal stadig in ons verhoudings insluip, en alles en almal affekteer met wie ons in aanraking kom. In die Bybel sien ons dat die skrywer van Hebreërs dit goed geken het. Dit is hoekom Hebreërs 12:15b (NLV) die volgende sê:  "Moenie dat daar onder julle ’n loot van bitterheid opskiet wat moeilikheid veroorsaak en baie aansteek nie."



Dit is belangrik dat ons deur konflik werk, want die kwaliteit van ons lewens is net so goed soos die kwaliteit van ons verhoudings. 



Hoe werk 'n mens dus deur konflik op 'n manier wat God eer? Oor die volgende vier dae sal ons leer hoekom ons bang is vir konflik, hoe konflik ons verhouding met God affekteer en hoe om konflik op 'n gesonde manier te hanteer. Ons gebed is dat jy sal ophou om bang te wees vir konflik en dit sal begin hanteer, sodat jy beter en sterker verhoudings kan bou. 


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Getting It Right With Others

Ons moes almal op een of ander stadium in ons lewens konflik hanteer. Hoekom? Ons is mense, en mense maak foute! Ons hoef egter nie bang te wees vir konflik nie. Trouens, gesonde konflik kan tot gesonder verhoudings lei....

More

Ons wil graag vir Switch, 'n bediening van Life.Church, bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.life.church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid