Leesplan inligting

Die Rut UitdagingVoorbeeld

Ruth Challenge

DAG 3 VAN 4

In hierdie hoofstuk, speel Naomi kupido. Sy wou net die beste vir haar skoondogter hê en sy het vertrou dat Boas goed na haar sou kyk, nie net omdat hy ryk was nie, maar oor sy goeie karakter.



DIE VOORBEREIDINGSPERIODE & WYSE RAAD



Net soos Ester, moes Rut voorbereid wees voor sy die een kon ontmoet wat sy graag haar man wou noem. Ons leer hierdeur dat ons voorbereid moet wees voordat ons die dinge soek wat ons 'begeer', want tydens die voorbereiding sal ons werklik uitvind of dit die moeite werd is om na te streef. Dit is so met alles in die lewe, of dit nou godvresende verhoudings of goeie punte op skool is; alles het voorbereiding nodig en soms 'n ouer persoon soos Naomi om vir ons raad te gee.



Ek sê SOMS, want 'n mens kan Naomi se raad bevraagteken. Sy het in werklikheid vir Rut beveel om enigiets te doen wat Boas van haar verwag het…dit kon E-N-I-G-E-IETS wees! Genadiglik was dit nie, maar dit wys net hoe versigtig jy moet wees met raad wat jy van ander mense kry. Ons moet onthou om die raad te beoordeel op grond van die persoon se verhouding met God. Naomi se geestelike toestand in hoofstuk een was ver van bemoedigend. Sy sê self dat sy bitter is en God beskuldig dat Hy haar sleg behandel het. DINK HIEROOR NA: Is die raad wat ek ontvang het op die Woord gebaseer, of is dit net 'n opinie van die adviseur?



GODVRESENDE OPTREDE IN KOMPROMITTERENDE OMSTANDIGHEDE

Ons het moontlik almal hierdie hoofstuk gelees en gedink: "Ek hoop nie hulle doen wat hulle nie moet doen nie." Boas en Rut het egter godvresend opgetree in omstandighede wat 'n ander uitkoms kon hê. Hulle het hulle sterkte van karakter getoon! Dit is gerusstellend dat 'n godvresende karakter selfs in goddelose omstandighede sigbaar is. Ons leef in 'n era waar goddelloosheid oral te vind is, maar ons moet die lig wees, 'n lig wat die duisternis verdryf.



BOAS IS 'N GOEIE VOORBEELD VIR MANS

Dit verg 'n sterk, godvresende man om sterk te staan in die situasie waarin Boas was. Manne, dit is julle standaard. Jy behoort die morele leier te wees wat die reinheid en reputasie van vroue beskerm met wie jy jou assosieer. Dis waaroor egte manlikheid gaan. Jou Rut sal wel kom.



Dames, net so moet julle nie julself of God se standaarde in gevaar stel net om 'n man se aandag te trek nie. Maak seker dat die aandag wat jy van enige man ontvang die aandag van jou innerlike skoonheid, karakter en deugde is. Jou Boas sal wel kom.



Wat dink jy? #RuthChallenges
Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Ruth Challenge

Hierdie is 'n 4-dag uitdaging om die 4 hoofstukke in die boek Rut te lees — 'n groot liefdesverhaal in die Bybel. Rut sal jou begrip van verhoudings uitdaag en jou in staat stel om die skoonheid van God se verlossende li...

More

We would like to thank Kanayo Dike-Oduah for providing this plan. For more information, please visit: www.doctorkanayo.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid