Leesplan inligting

Die Rut UitdagingVoorbeeld

Ruth Challenge

DAG 1 VAN 4

Elimelek en Noami het aanvanklik in Betlehem gewoon, maar het weggetrek toe daar 'n groot hongersnood was. Saam met hulle twee seuns het hulle Moab toe getrek. Daar het die seuns met Moabietiese vroue getrou: Orpa en Rut. Ongelukkig het Elimelek en sy twee seuns gesterf en hulle vrouens as weduwees agtergelaat. Naomi het besluit om na 10 jaar se verblyf in Moab terug te gaan Betlehem toe. Sy het haar skoondogters aangemoedig om terug te gaan na hulle pa's se huis toe en weer te trou. Orpa het so gemaak, maar Rut het gepleit om saam met Noami te gaan.



VERTROU OP GOD OF HARDLOOP WEG?

Elimelek en Naomi was in 'n moeilike situasie en het twee keuses gehad: om op God te vertrou of om weg te gaan … hulle het besluit om te trek. Dit was 'n besluit wat Elimelek en sy twee seuns se lewens gekos het. Ons lees dat hulle Betlehem (wat 'die plek van brood' beteken) in Juda (wat 'prys' beteken) verlaat het, en na Moab gegaan het (wat 'wat vader?' beteken). Die betekenis van die woord Moab gee ons 'n kykie in die gedagtewêreld van Elimelek. Hy het God se liefde, voorsiening en vaderskap bevraagteken en besluit om weg te beweeg van die plek waar God hom geplaas het.



'N VOORBEELD VAN WARE BEKERING

Orpa het eers gesê sy sou by Naomi bly, maar het later besluit dis nie wat sy wil doen nie, en vertrek. Dis ongelukkig ook wat deesdae met baie Christene gebeur. Hulle kom tot bekering, maar in watter toestand is hulle 'n paar dae later? Of hulle volg die Here vir 'n rukkie, vol entoesiasme, maar wanneer vervolging of moeilike tye kom, hou hulle op om te glo.



Rut het egter gebly. Rut is 'n goeie voorbeeld van ware bekering. Selfs toe ander rondom haar vertrek het, het sy vas bly staan. Onwankelbaar, nie oorweldig deur die dorings van die lewe nie. Sy sê in vers 16 en 17 (een van my gunsteling verse): "… waar u gaan, sal ek gaan; waar u bly, sal ek bly; u volk is my volk; u God is my God; waar u sterf, sal ek sterf en daar sal ek begrawe word. Ek lê 'n eed af voor die Here: net die dood sal ons skei." Rut het die koste bereken en was gewillig om alles op te offer wat sy liefgehad het en wat vir haar bekend was, om Naomi en haar God te volg. 'n Heiden wat KIES om een van God se kinders te word — het jy al jou keuse gemaak? Sal jy nog steeds op God bly vertrou al gaan jy deur moeilike tye?



Wat dink jy? Deel jou gedagtes op Twitter met #RuthChallenge
Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Ruth Challenge

Hierdie is 'n 4-dag uitdaging om die 4 hoofstukke in die boek Rut te lees — 'n groot liefdesverhaal in die Bybel. Rut sal jou begrip van verhoudings uitdaag en jou in staat stel om die skoonheid van God se verlossende li...

More

We would like to thank Kanayo Dike-Oduah for providing this plan. For more information, please visit: www.doctorkanayo.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid