Leesplan inligting

HoopVoorbeeld

Hope

DAG 1 VAN 3

  • Het jy al agter gekom dat jy meer hoop het as jy God prys? Hoop en lofprysing gaan hand aan hand. As jy min hoop gehad het, sal jy weer hoopvol raak! Hoop is ‘n keuse. Kies deurentyd hoop in plaas van wanhoop. Jy kan nie terselfdertyd hoopvol en vol wanhoop wees nie. Dis jou keuse. God is betroubaar. God is GOED!  Psalms 71:14
  • God is in staat om al jou begeertes te vervul. Wanneer jy depressief voel, vra jouself die vraag: “Het ek dalk my hoop in iets anders as God geplaas?” Niks tasbaar in die lewe sal egter ware hoop gee nie. Wanneer jy jou hoop in mense, op besittings, of selfs gebeurtenisse plaas, sal jy teleurstelling ervaar. Om te wag is moeilik. Niks kan jou ooit vir lank bevredig nie. Al jou begeertes kan deur God vervul word! 
    Spreuke 13:12
  • Satan is ons vyand, en hy fluister in ons oor: “Niemand verstaan hoe hopeloos ek voel nie." Dit is 'n LEUEN. As jy dit glo sal jy mismoedig voel. MAAR, jy is egter NIE alleen nie. Dink jy God verstaan nie? Dalk is Hy moeg daarvan om weer te hoor hoe gebroke jy is? Moet dit nooit glo nie. Hy het jou INNIG lief. Hy sal jou krag gee om aan te gaan. Hy sal jou selfs sterker maak! 
    Jesaja 40:28-29
  • Die mens sê so maklik: “Sekere dinge blyk onmoontlik te wees vir God om uit te voer.” Dit is verseker kortsigtig, is dit nie? Tog is ons 'n slagoffer van daardie leuen. Ons moet gereeld daarop aanspraak maak dat geen doel van God gekeer kan word nie. Die skepper van die heelal kan nie verslaan word nie. Hy weet die beste! Daardie soort geloof sal jou hoop gee! 
    Job 42:2

Die boonste Skrifgedeelte is in ons mobiele toepassing, Mac of Windows programme, by MemLok Meer MemLok Leesplanne   


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Hope

HOOP Kom ons kyk na 'n paar Bybelverse oor hoop. God wil mos hê dat jy vrede ervaar, vreesloos, vol geloof, hoop en liefde is, né? Hy wil nie hê dat jy angstig en vol kwade gevoelens moet wees nie. Skrifgedeeltes oor ho...

More

Baie dankie aan "MemLok, the Bible Memory System," vir die voorsiening van die struktuur vir hierdie leesplan. Vir meer inligting aangaande MemLok, besoek: http://www.MemLok.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid