Stormsterk geloofVoorbeeld

Stormsterk geloof

DAG 1 VAN 5

Geloof en gehoorsaamheid

Geloof en gehoorsaamheid is hand-aan-hand aan mekaar verwant. Die Here vra van jou iets, en jy doen dit. So word jou gehoorsaamheid die uitdrukking of vertolking van jou geloof. Ons kan selfs sê dat gehoorsaamheid aan God, die aankondiger van jou geloof is. Dit is werklik hoe eenvoudig dit is: Die Here vra. Jy sê: "ja."

Jesus Christus het self gesê dat dit verstandig is om Hom te gehoorsaam. Partykeer wil ons eers baie slim planne beraam oor hoe ons die stap in die geloof moet neem. Ons is geneig om eers die moontlike implikasies of gevolge te probeer vasstel alvorens ons tot aksie oorgaan. Soms is dit die regte roete om te volg sodat ons wyse kosteberekening kan doen. Dit is egter dikwels die geval dat al die vrae wat ons vra eerder aan ons geloof knaag en ons traag in ons ywer maak. Daarom is die uitdaging nie om al die antwoorde te ken nie. Die uitdaging is om die geloof te hê om die eerste tree te gee. Ja, waarlik, geloof maak dit maklik – doen dit net.

'n Stormsterk geloof is meer as om net goeie voornemens te hê. 'n Stormsterk geloof is om in gehoorsaamheid tot aksie oor te gaan.

Gebed

Here, help my om te doen wat U van my vra. Help my om met 'n stormsterk geloof aan U gehoorsaam te wees. Amen.

Aangaande hierdie leesplan

Stormsterk geloof

Geloof vrywaar ons nie teen storms nie. Dit is egter moontlik om ten spyte van sterk storms 'n stormsterk geloof te hê. Uit die verhaal van die storm op die see waarvan ons in Markus 4:35-41 lees, leer ons waardevolle lesse oor hoe ons sterk in die geloof kan wees. Word in jou innerlike mens in jou geloof versterk sodat jy die storm kan beveel om stil te word.

More

Ons wil graag Leef die Woord bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.leefdiewoord.co.za