Stormsterk geloofVoorbeeld

Groter dinge wag!
Nadat Jesus en sy dissipels die storm op die see getrotseer het, het hulle aan die kant van Gádara voet aan wal gesit. Daar het Jesus 'n duiwelbesetene bevry. Die heerlikheid van die oomblik was beslis groter as die storm wat hulle 'n rukkie vantevore beleef het. Die getuienis van hierdie man se bevryding was meer oorweldigend as die stormsee se golwe.
Groter dinge wag! Wanneer jy 'n stormsterk geloof het sal dit 'n suiwer karakter in jou tot stand bring; soos wanneer goud deur vuur gelouter word. 'n Stormsterk geloof laat jou besef dat jou afhanklikheid van God nie 'n swakheid is nie, maar 'n vasberade oortuiging daarvan is dat die Here by magte is om te doen ver bo wat jy kan bid of dink. Met 'n stormsterk geloof leef jy in die verwagting van 'n kragtige toekomstige getuienis. Nie net 'n getuienis van hoe die Here die storm stilgemaak het nie, maar ook van 'n radikale deurbraak wat Hy bewerkstellig het. Ja, waarlik, groter dinge wag.
Gebed
Here, dankie dat daar groter dinge wag. Sal U my met 'n stormsterk geloof ondersteun sodat ek die heerlikheid van u werke kan aanskou. Amen.
Aangaande hierdie leesplan

Geloof vrywaar ons nie teen storms nie. Dit is egter moontlik om ten spyte van sterk storms 'n stormsterk geloof te hê. Uit die verhaal van die storm op die see waarvan ons in Markus 4:35-41 lees, leer ons waardevolle lesse oor hoe ons sterk in die geloof kan wees. Word in jou innerlike mens in jou geloof versterk sodat jy die storm kan beveel om stil te word.
More
Ons wil graag Leef die Woord bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.leefdiewoord.co.za
Verwante Leesplanne

Geroep deur God

Becoming Love: As ons by Volbring begin, waar eindig ons? (Deel 2)

Ek volg Jesus

Becoming Love: As ons by Volbring begin, waar eindig ons? (Deel 4)

Becoming Love: As ons by Volbring begin, waar eindig ons? (Deel 3)

Onbeperkte Liefde

Ons wag op 'n redder

Becoming Love: As ons by Volbring begin, waar eindig ons? (Deel 1)

Leef Vervuld - 'n Reis deur Kolossense
