Stormsterk geloofVoorbeeld

Stormsterk geloof

DAG 3 VAN 5

Raak rustig

Raak rustig! Dit is wat jy moet hoor – al hou jy nie noodwendig daarvan om dit te hoor nie, want dit klink nie vir jou soos die antwoord wat jy nodig het nie. En tog is dit! Dit is so goed asof Jesus ook vir jou vra wat Hy vir sy dissipels daardie dag op die see in die storm gevra het: "Waarom is julle so bang?" (Markus 4:40 AFR53).

Wanneer jy verdwaal, is die beste ding om stil te staan sodat jy jouself kan oriënteer om weer koers te kry. Raak rustig. Moet nie toelaat dat die storm wat aan die buitekant woed, storms in jou gemoed veroorsaak nie. Hoor dit weer: raak rustig. Hy wat saam met jou in hierdie storm is, is groter as die storm. Trouens, Hy wat in jou is, is groter as hy wat in die wêreld is.

Die goeie Woord van die Here leer ons dat ons onsself in ons allerheiligste geloof moet opbou. Jy moet dit doen. Niemand anders kan dit namens jou doen nie. Jy moet die Woord van die Here ter harte neem. Wanneer jy dit doen sal die vrede van God van jou besit neem – en jy sal rustig raak.

Gebed

Here, dankie dat die stormsterk geloof wat U in my bewerkstellig, my rustig maak. Help my om by U te leer, soos toe U in die storm geslaap het. Amen.

Aangaande hierdie leesplan

Stormsterk geloof

Geloof vrywaar ons nie teen storms nie. Dit is egter moontlik om ten spyte van sterk storms 'n stormsterk geloof te hê. Uit die verhaal van die storm op die see waarvan ons in Markus 4:35-41 lees, leer ons waardevolle lesse oor hoe ons sterk in die geloof kan wees. Word in jou innerlike mens in jou geloof versterk sodat jy die storm kan beveel om stil te word.

More

Ons wil graag Leef die Woord bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.leefdiewoord.co.za