Waarom Ek GloVoorbeeld

Nr. 13 – Ek glo as gevolg van die bestaan en voortbestaan van die kerk oor die laaste 2 000 jaar
Matteus 16:18 (AFR83) – “Die magte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie.”
Daar is ’n bekende gesegde wat aan Tertullianus, ’n tweede-eeuse Christen-teoloog en kerkvader, toegeskryf word: “Die bloed van die martelare is die saad van die kerk.” In die eerste 300 jaar van die kerk het dit tien gewelddadige tydperke van vervolging onder verskeie Romeinse keisers deurstaan, wat gelei het tot die dood van honderde duisende Christene keer op keer. Merkwaardig genoeg, ná 330 jaar, het 40% van die mense in die Romeinse Ryk van die aanbidding van Caesar as “Here” (saam met ’n menigte ander gode) oorgeskakel na ’n godsdiens wat Jesus Christus as Here bely.
Baie godsdienste, koninkryke, politieke stelsels, konings en invloedryke sowel as minder invloedryke individue, het Christene vervolg. Sedert die ontstaan van Islam in 632 n.C. is tientalle miljoene Christene doodgemaak of met geweld aan Islam onderwerp. Daar word beraam dat gedurende die 20ste eeu alleen sowat 45 miljoen Christene deur kommunisme en ander vyandige politieke groepe, soos die Rooi Khmer in Kambodja, doodgemaak is.
Daar is duisende der duisende gevallestudies van die vervolging van Christene beskikbaar. Tog groei die kerk steeds jaar na jaar. Die kerk van Christus is ’n lydende kerk, maar dit is ook ’n oorwinnende kerk. Dag vir dag beweeg dit vorentoe, verander lewens, bring vrede vir miljoene, dring deur donker plekke, bied hoop aan gebrokenes en vergifnis aan dié wat deur sonde belas is.
Nr. 14 – Ek glo vanweë die voortbestaan van die Bybel oor 2 000 jaar en sy merkwaardige invloed op die samelewing
Die Bybel is die mees vertaalde boek in die geskiedenis. Geen ander boek het soveel gewelddadige weerstand en minagting deur intellektuele in die gesig gestaar as die Bybel nie. In vroeë eeue het die opposisie dikwels selfs van binne die gevestigde kerk gekom. Kommunisme, sosialisme, nazisme en verskeie wêreldgodsdienste het oorlog teen die Bybel gevoer. Groot hoeveelhede is verbrand en sommige lande verbied die lees, invoer of druk daarvan. Tog breek die Bybel steeds paaie oop in die donkerste hoeke van die wêreld. Steeds meer vertalings verskyn.
Geen ander boek het só ’n diepgaande invloed op samelewings gehad nie — dit bring hoop en orde wanneer sy morele wette en leringe toegepas word op regstelsels en die daaglikse lewens van mense. Selfs oppervlakkige navorsing bevestig dat Christelike waardes samelewings onmiddellik ten goede verander wanneer dit toegepas word.
Aangaande hierdie leesplan

Op een of ander stadium in jou lewe sal iemand vir jou vra: "Waarom glo jy?" En as iemand anders dit nie vir jou vra nie, kom die meeste van ons by die punt waar ons vir onsself vra: "Waarom glo ek?" Hierdie leesplan wil jou help om baie eenvoudig vir jouself te formuleer waarom jy glo.
More
Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: disciple4.com
Verwante Leesplanne

Becoming Love: As ons by Volbring begin, waar eindig ons? (Deel 3)

Becoming Love: As ons by Volbring begin, waar eindig ons? (Deel 4)

Die Onbegryplikheid van God se Oneindigheid

Hoe Kosher is Jou Evangelisasie?

Vaste Geloof

Ek volg Jesus

Advent: Hy Spreek Sy Vrede Oor Sy Mense Uit

Leef Vervuld - 'n Reis deur Kolossense

Becoming Love: As ons by Volbring begin, waar eindig ons? (Deel 2)
