Net ek en U Here, getrouheid in die geheime plek - PC PretoriusVoorbeeld

Moenie bekommer nie – Jou Vader weet
Jesus eindig hierdie gedeelte deur sy dissipels te troos: "Daarom sê Ek vir julle: Moenie julle kwel oor jul lewe ..." (Matteus 6:25 AFR53). Hy verwys na voëls en veldblomme – dinge sonder krag of selfbestuur – en wys hoe God nogtans vir hulle sorg.
As God soveel omgee vir die nietige dinge van die skepping, hoeveel te meer vir sy kinders? Jesus wys dat bekommernis nie net nutteloos is nie, maar dat dit ook ons aandag van God se koninkryk en sy geregtigheid aflei.
Die sleutel vers is vers 33: "Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word." (Matteus 6:33 AFR53) Vertroue in God bring rus – nie passiwiteit nie, maar 'n rustige sekerheid dat Hy weet, sorg, en gee.
Die voorwaarde bly: om eers die koninkryk te soek, dan sal die ander dinge nie vir ons so belangrik raak dat ons meer waarde daaraan heg nie. Dit gaan ten diepste ook oor die vertroue wat ons in God moet plaas, en nie in enige magte van hierdie wêreld nie. Wanneer ons allereers God se wil soek, sal ons nooit teleurgesteld staan in wat ons op aarde het nie, want dit sal nie vir ons te belangrik wees nie.
Vrae vir nadenke:
· Is daar bekommernisse wat jou fokus van God wegneem?
· Hoe kan jy vandag aktief kies om eers God se koninkryk te soek?
Aangaande hierdie leesplan

Matteus 6 vorm deel van Jesus se Bergpredikasie en fokus op die innerlike motiewe agter godsdienstige praktyke. In hierdie hoofstuk leer Jesus dat ware geregtigheid nie gaan oor uiterlike vertoon nie, maar oor opregte gehoorsaamheid voor God, selfs (en veral) as niemand kyk nie. Hierdie leesplan van vier dae help jou om Matteus 6 deeglik te verstaan: wat dit beteken om voor God te leef, nie vir die goedkeuring van mense nie; en hoe ware geestelike volwassenheid in die verborge plek gevorm word.
More
Ons wil graag Moreleta Kerk bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.moreleta.org