Net ek en U Here, getrouheid in die geheime plek - PC PretoriusVoorbeeld

Net ek en U Here, getrouheid in die geheime plek - PC Pretorius

DAG 1 VAN 4

God sien in die verborge – Geregtigheid sonder vertoon

Lees:

Jesus begin hierdie hoofstuk met ’n ernstige waarskuwing: "PAS op dat julle nie jul liefdadigheid voor die mense bewys om deur hulle gesien te word nie; anders het julle geen loon by julle Vader wat in die hemele is nie" (Matteus 6:1 AFR53). Hy noem spesifiek drie geestelike praktyke: aalmoese gee, bid, en vas. In elkeen herinner Hy sy volgelinge daaraan dat God, wat in die verborgene sien, hulle sal beloon.

Die Fariseërs van daardie tyd het hul dade dikwels in die openbaar gedoen – met die verkeerde motief: om eer van mense te kry. Jesus leer dat ware geloof nie in openbare erkenning geanker is nie, maar in 'n hart wat God wil behaag, selfs wanneer niemand kyk nie.

Geregtigheid wat uit geloof spruit, is nie veronderstel om mee te skou nie. Dit is nie hoe iets lyk wat saak maak nie, maar wat dit voor God is. God kyk na die verborge dinge, Hy sien raak wat diep binne ons harte en gedagtes aangaan. Die uiterlike wat vertoon word, kan nie uit ‘n motief kom om God te verheerlik nie. God beoordeel ook nie soos mense nie, Hy sien die "hoekom" agter elkeen van ons keuses raak. Mag ons die keuses eers ondersoek, want ons weet dat God met liefde in ons harte en gedagtes inkyk.

Vrae vir nadenke:

· Doen jy geestelike dinge om God te behaag of vir ander se goedkeuring?

· Hoe kan jy God meer in die verborge dele van jou lewe eer?

Aangaande hierdie leesplan

Net ek en U Here, getrouheid in die geheime plek - PC Pretorius

Matteus 6 vorm deel van Jesus se Bergpredikasie en fokus op die innerlike motiewe agter godsdienstige praktyke. In hierdie hoofstuk leer Jesus dat ware geregtigheid nie gaan oor uiterlike vertoon nie, maar oor opregte gehoorsaamheid voor God, selfs (en veral) as niemand kyk nie. Hierdie leesplan van vier dae help jou om Matteus 6 deeglik te verstaan: wat dit beteken om voor God te leef, nie vir die goedkeuring van mense nie; en hoe ware geestelike volwassenheid in die verborge plek gevorm word.

More

Ons wil graag Moreleta Kerk bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.moreleta.org