Leesplan inligting

Meer As 'n TimmermanVoorbeeld

More Than a Carpenter

DAG 1 VAN 14

Wat is die Punt?



Ek was eens op 'n tyd 'n skeptikus. Inderwaarheid het ek gedink dis 'n grap toe een van my Christen vriende my uitdaag om 'n ernstige, intellektuele ondersoek te doen oor die bewerings van Jesus Christus — dat hy die Seun van God is, dat Hy vlees geword het en tussen aardse mans en vroue kom woon het, dat hy aan die kruis gesterf het vir die sondes van die mensdom en drie dae later uit die dood opgestaan het en dat Hy nog steeds leef en 'n persoon se lewe selfs nog vandag kan verander. Enigeen met enige verstand het tog geweet dat die Christendom net 'n mite was, nie waar nie? Ek het gedink dat net 'n idioot kon glo dat Christus uit die dood opgestaan het. Ek het egter my vriende se uitdaging aanvaar, net uit spyt om hulle verkeerd te bewys.



Nadat ek egter die bewyse deursoek het, het ek ontdek dat die Christengeloof nie net 'n blinde, onkundige geloof was nie, maar eerder een wat op soliede intelligensie gebaseer was. Elke keer wanneer ons lees dat 'n Bybelkarakter gevra word om geloof te beoefen, sien ons dat dit 'n intelligente geloof is. Jesus het gesê: "Julle sal die waarheid ken" (Johannes 8:32), nie ignoreer nie. Christus is gevra: "Wat is die grootste gebod?" Jesus het geantwoord: "Jy moet die HERE jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand" (Matteus 22:37, klem bygevoeg). Net soos ons 'n hart het om Hom lief te hê en 'n wil om Hom te kies, het ons ook 'n verstand om God te ken. Ons hoef nie bang te wees om die Christendom deur 'n moeilike, logiese, bewysbare toets te sit nie. Niemand is nog ooit gevra om intellektuele selfmoord te pleeg deur op Christus as Verlosser en Here te vertrou nie.



Oor die volgende twee weke gaan ek probeer om sommige dinge wat ek in die maande van my navorsing geleer het met jou te deel, sodat jy ook mag sien dat die Christendom nie 'n mite is nie, nie 'n fantasie van dromers of 'n klugspel waarvoor eenvoudige mense val nie. Dis 'n rotsvaste waarheid wat regtig vandag jou lewe kan verander.
Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

More Than a Carpenter

Is Jesus werklik die Here wat Hy beweer het Hy is? In hierdie twee weke lange oordenking sal jou denke geprikkel word deur insigte vanuit die moderne klassieke boek, "More Than a Carpenter". Jy sal oor belangrike argumen...

More

Baie dankie aan Josh McDowell, Sean McDowell, en Tyndale House Uitgewers wat inhoud verskaf het wat aangepas is uit "More Than a Carpenter". Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.josh.org/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid