Leesplan inligting

Sportnetwerk vir Professionele Voetbal se LeesplanVoorbeeld

Sports Spectrum Pro Football Devotional

DAG 4 VAN 5

Dag 4: Doop: 'n Tree van Gehoorsaamheid en Openbare Belydenis - Demario Davis



Begin deur eers te kyk wat Demario Davis oor Gehoorsaamheid en Openbare Belydenis te sê het.



* Kyk na hierdie video met Afrikaanse onderskrifte deur "Watch on YouTube" te klik, dan op "YouTube Settings, Subtitles" en kies Afrikaans.


Lees nou volgende die boodskap hieronder deur Randy Alcorn en dink na oor die verse wat daarop volg.



Net voor Jesus opgevaar het, het Hy sy dissipels opdrag gegee om dissipels te gaan maak en mense in die Naam van die drie-enige God te doop, en hulle te leer om al sy opdragte te gehoorsaam (Matteus 28: 18-20). Doop behoort vir ons belangrik te wees, want dit is vir Jesus belangrik.



Wanneer ons wedergebore word, word ons elkeen deur die Heilige Gees in die Liggaam van Christus "gedoop": "Omdat ons almal een liggaam geword het, is ons almal met die een Gees gedoop, of ons nou Jood of Griek is, slaaf of vry. Ons is almal van die een Gees deurdrenk" (1 Korintiërs 12:13). Die waterdoop is 'n sigbare, uiterlike simbool van 'n onsigbare, innerlike herskepping (Handelinge 2:38).



My doop was onvergeetlik. Twee jaar later het ek die voorreg gehad om my ma na Christus te lei en haar te doop. Dit is 45 jaar gelede, maar vir my voel dit nog soos gister. Hoeveel dinge onthou ons so helder ná vier dekades?



Die doop is 'n kragtige uitbeelding van die gelowige se dood vir die sonde en in simboliese sin, begrawing (onder die water), en opstanding tot 'n nuwe lewe in Jesus (Romeine 6:11; Kolossense 2:12). Wanneer jy uit die water opkom, verteenwoordig dit die skoon, nuwe lewe (Romeine 6:4).



Oral waar Christus se Goeie Nuus verkondig word, moet nuwe gelowiges in 'n vreugdevolle plegtigheid gedoop word. Nadat Filippus die evangelie met 'n Etiopiese amptenaar gedeel het en hulle water daar naby gesien het, het die amptenaar sy begeerte uitgespreek om gedoop te word (Handelike 8:35-36).



Net soos Demario beklemtoon het, is die Christen se doop 'n openbare belydenis van jou geloof in Christus. Met spelers se trekking op hoë vlak, steek hulle nie hulle spanaffiliasie in die nuwe span weg nie; inteendeel, die speler dra sy spantrui met trots sodat almal kan sien wie hy verteenwoordig. Net so sê ons met die doop: "Sonder verskoning bevestig ek my geloof in Jesus Christus wat my verlossing verseker het. As sy dissipel, streef ek onbeskaamd daarna om Hom te dien en te verteenwoordig."



In 1519 het Cortés met sy skepe by Veracruz, Mexiko aan wal gegaan. In sy vasbeslotenheid om die land te verower, het Cortés sy bemanning aangesê om hul skepe te verbrand. Sy onsubtiele boodskap was: "Daar is geen omdraaikans nie." Christus se saak is oneindig edeler as Cortés s'n, maar Hy roep ons ook om nie terug te draai nie (Lukas 9:62). Wanneer ons in stryd en twyfel gewikkel is, kan ons terugkyk na ons doop as die grens wat gestel is: "Ek is 'n Christus-volgeling, ongeag enigiets."



Het jy al jou geloof in Jesus geplaas en is jy al deur sy genade gered? Is jy al gedoop? Doop sal jou nie red nie, maar as volgeling van Christus, is dit 'n kragtige openbare belydenis. As jy Jesus liefhet, maar nog nie gedoop is nie, gaan na jou kerk, praat met 'n pastoor en vra om voor die liggaam van Christus gedoop te word. Jy sal nooit spyt wees nie!


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Sports Spectrum Pro Football Devotional

Luister na geloof in aksie deur atlete van die Verenigde State se Nasionale Voetballiga (NVL). In hierdie vyf-dag leesplan, kan jy kyk na videos van die NVL se uitblinkeratlete: Drew Brees, Ryan Tannhill, Matthew Slater,...

More

Baie dankie aan Pro Athletes Outreach (Sports Spectrum) wat hierdie leesplan voorsien het. Besoek http://www.sportsspectrum.com vir meer inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid