Leesplan inligting

Sportnetwerk vir Professionele Voetbal se LeesplanVoorbeeld

Sports Spectrum Pro Football Devotional

DAG 1 VAN 5

Dag 1: Die Daaglikse Verkwikking uit God se Woord - Drew Brees



Begin deur eers te kyk na wat Drew Brees te sê het oor Die Daaglikse Verkwikking uit God se Woord.



* Kyk na hierdie video met Afrikaanse onderskrifte deur "Watch on YouTube" te klik, dan op "YouTube Settings, Subtitles" en kies Afrikaans.


Lees nou volgende die boodskap hieronder deur Randy Alcorn en dink na oor die verse wat daarop volg.



Soms dink ek die aanwysings op my selfoon se padkaarttoepassing is verkeerd. "Ek moet eintlik hier afdraai, nie daar nie." Ek het egter op die moeilike manier geleer om maar te vertrou dat die GPS beter weet. Al is die toep soms wel verkeerd (alhoewel nie so dikwels soos ek nie), is God nooit verkeerd nie.



Ek het in 'n ongelowige huis grootgeword, maar op 15-jarige ouderdom het ek tot geloof gekom terwyl ek die Bybel gelees het. Jonk in die geloof, kon ek nie genoeg van God se Woord kry nie. Ek het geleer dat die Bybel nie homself weerspreek nie, maar wel vir my - en ek het daardie regstellings nodig gehad!



Die Bybel was vir my die Polaris (die Noordster) waarvolgens ek my lewenskompas ingestel het. Nou reeds 45 jaar later, is dit in 'n nóg groter mate waar. Drew het gesê dat God se Woord 'n padkaart is, maar ek dink ook daaraan as 'n korrektiewe lens. Elke dag wat ek nie die Skrif oordink nie, vervaag my fokus, my doelgerigtheid verdof en my blydskap verminder. Ek word ongeduldig, krities, selfgesentreerd en ongelukkig, want God se vars besieling van genade en perspektief ontbreek.



Ons kan daagliks sosiale media, teksboodskappe en e-posse verskeie kere nagaan, maar ons slaan maklik 'n paar dae oor sonder om die Skrif te lees. Dit is geen wonder dat ons geestelik uitgehonger is en nie die onderskeidingsvermoë het om te weet wat reg of verkeerd is nie.



As jy reeds gereeld God se Woord bestudeer, hou daarby. As jy dit nie doen nie, vra jouself af: Sit ek in my gemakstoel en hoop dat ek vir die volgende wedstryd fiks en gereed sal wees? Moenie nalaat om daagliks tyd in God se Woord deur te bring nie. Los alles - selfs hierdie oordenking. Maak jou Bybel oop en dink na oor wat jy lees. As dit jou sal help kan jy 'n leesplan volg. Nie volgende week of môre nie - nou.



Nietemin, moenie dit uit skuldgevoel doen nie; doen dit om groot vreugde in Jesus te vind! Dawid sê oor God se woorde: "Hulle is kosbaarder as goud, selfs as baie goud, soeter as heuning, as druppels uit 'n heuningkoek" (Psalms 19:11).



Die diepte van die Skrif is eindeloos. Ons ontdek dag na dag, jaar na jaar meer skatte wat ons voorheen op die een of ander wyse misgekyk het. Deur God se Woord, word ons harte en denke deur die Heilige Gees hervorm.



In 'n gees van dankbaarheid, lees en oordink die volgende woorde: "Die hele Skrif is deur God geïnspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en 'n regte lewenswyse te kweek, sodat die man wat in diens van God staan, volkome voorberei en toegerus sal wees vir elke goeie werk" (2 Timoteus 3:16-17).



Dis vir ons lekker om hierdie oordenkings aan jou te bied. Besoek gerus www.SportsSpectrum.com vir verdere sport- en geloofsinhoud.


 


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Sports Spectrum Pro Football Devotional

Luister na geloof in aksie deur atlete van die Verenigde State se Nasionale Voetballiga (NVL). In hierdie vyf-dag leesplan, kan jy kyk na videos van die NVL se uitblinkeratlete: Drew Brees, Ryan Tannhill, Matthew Slater,...

More

Baie dankie aan Pro Athletes Outreach (Sports Spectrum) wat hierdie leesplan voorsien het. Besoek http://www.sportsspectrum.com vir meer inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid