Leesplan inligting

Sportnetwerk vir Professionele Voetbal se LeesplanVoorbeeld

Sports Spectrum Pro Football Devotional

DAG 3 VAN 5

Dag 3: God se Aanbod van Vergifnis en Vryheid - Matthew Slater



Begin deur eers te kyk wat Matthew Slater te sê het oor God se Aanbod van Vergifnis en Vryheid.



* Kyk na hierdie video met Afrikaanse onderskrifte deur "Watch on YouTube" te klik, dan op "YouTube Settings, Subtitles" en kies Afrikaans.


Lees nou volgende die boodskap hieronder deur Randy Alcorn en dink na oor die verse wat daarop volg.



Soos Matthew na reg sê, is dit noodsaaklik dat ons verstaan wie God is en wat Hy oor sonde te sê het. Om die druk van 'n doel naelskraap te mis is teleurstellend, maar ons probleem is baie groter: "Almal het gesondig, en het nie deel aan die heerlikheid van God nie" (Romeine 3:23). Daar is slegte en goeie nuus: "Die loon wat die sonde gee, is die dood; die genadegawe wat God gee, is die ewige lewe in Christus Jesus ons Here" (Romeine 6:23).



Omdat Jesus om ons onthalwe opofferend aan die kruis gesterf het, bied God sy vergifnis gratis aan ons. Ons kry egter nie outomaties vergifnis nie. As ons vergewe wil word, moet ons ons sonde bely en ons daarvan bekeer: "Maar as ons ons sondes bely – Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid" (1Johannes 1:9).



Daar is geen daad van regverdigheid wat vir ons 'n plek in die hemel kan verdien nie (Titus 3:5). Ons kom met leë hande na Christus toe, sonder enige aanspraak op verlossing: "Julle is inderdaad uit genade gered, deur geloof. Hierdie redding kom nie uit julleself nie; dit is 'n gawe van God. Dit kom nie deur julle eie verdienste nie, en daarom het niemand enige rede om op homself trots te wees nie" (Efesiërs 2:8-9).



God se grootste geskenk is Hyself. Ons het nie slegs verlossing nodig nie, maar ook die Verlosser, en Hy het 'n naam: Jesus (wat "God red" beteken).



Die Skrif praat van "... wedergeboorte wat die sonde afwas, en deur die Heilige Gees wat nuwe lewe gee" (Titus 3:5b). "Iemand wat 'n kind van God is, doen nie meer sonde nie, omdat die Gees van God in hom bly; en hy kan nie meer sondig nie, omdat hy uit God gebore is" (1 Johannes 3:9). Sonde is nog steeds in ons lewens teenwoordig (sien Romeine 6:11-14; Johannes 1:8-2:2), maar ons het bonatuurlike krag om dit te oorkom aangesien ons vir die sonde dood is (sien Romeine 6:6-9).



Die Heilige Gees van God woon in ons en help ons om aan Hom gehoorsaam te wees (sien 2 Timoteus 1:14). Christus skenk gelowiges 'n nuwe geaardheid wat van slawerny bevry is (sien 2 Korintiërs 5:17). Ons sal soms struikel, maar ons hoef nie te val nie, maar indien ons wel val, kan ons deur sy genade en krag weer opstaan. Omdat ons harte verander wanneer ons wedergebore word, wil ons 'n beter pad loop. "Julle word egter nie deur julle sondige natuur beheers nie, maar deur die Gees, want die Gees van God woon in julle..." (Romeine 8:9).



Deur die werk wat Christus namens ons gedoen het, is ons vry om sonde en ellende te verwerp en eerder die vreugde en gepaardgaande geregtigheid aan te gryp. As ons dit doen, sal ons 'n stortvloed van God se genade in ons lewens ervaar. Dit sal ons tot 'n oorvloedige lewe herstel om met die Een te wandel wat ons Here, Koning en beste Vriend is (Johannes 15:13, 15).


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Sports Spectrum Pro Football Devotional

Luister na geloof in aksie deur atlete van die Verenigde State se Nasionale Voetballiga (NVL). In hierdie vyf-dag leesplan, kan jy kyk na videos van die NVL se uitblinkeratlete: Drew Brees, Ryan Tannhill, Matthew Slater,...

More

Baie dankie aan Pro Athletes Outreach (Sports Spectrum) wat hierdie leesplan voorsien het. Besoek http://www.sportsspectrum.com vir meer inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid