Hoe om die media se invloed te hanteerVoorbeeld

Hierdie week se kerngedagte is: "Die ware toneel is nie op die skerm nie. God is die waarheid." Hou dit in gedagte terwyl jy hierdie week se leesplan, verse en bespreking lees, na die video kyk en nadink oor jou interaksies met die media. Bespreek hierdie week die volgende kerngedagtes:
• Die sogenaamde werklikheid wat in die media verskyn, is gewoonlik 'n NAMAAKSEL van God se waarheid. Mense is nie regtig so snaaks, so mooi, so vinnig, so taai of wat ook al nie. Alles wat jy sien is aangeplak en word voorgehou en verander om die beeld te vertoon wat die skrywer of ontwerper wil hê.
• Die meeste media is ontwerp om te verkoop. Sekere vertonings kom nie voor asof hulle produkte verkoop nie, maar word gebruik om 'n soort gehoor te lok sodat adverteerders produkte aan hulle kan verkoop. Die wêreld gebruik die invloed wat die media oor jou het om geld te maak en mag te verkry.
• Wat ons van sekere handelsmerke en produkte dink, word beïnvloed deur wat die maatskappy wil hê ons moet dink. Die boodskap waaraan jy blootgestel word, beïnvloed jou mening oor die produk wat jy kies. Dieselfde gebeur ook oor boodskappe wat teen die Bybel gemik is — baie keer sonder dat ons dit agterkom.
• Amper alles wat die media aan jou probeer verkoop is iets waarsonder die meeste mense in die wêreld kan leef. Jy het nie nodig wat hulle probeer verkoop nie. As jy dit nodig gehad het, sou jy dit by hulle gekoop het sonder dat hulle miljoene rande moes spandeer om dit aan jou te adverteer. Dinge sal jou nooit kan bevredig soos die wonderlike avontuur om Jesus te ken nie.

Aangaande hierdie leesplan

Alles wat ons sien en hoor beïnvloed ons harte en gedagtes en vorm ons gesindhede en optrede. Het die Bybel regtig iets te sê oor sosiale media, wat nie eens in daardie tyd bestaan het nie? Ja! Hierdie leesplan gaan ons uitdaag om tegnologie ten volle te benut terwyl ons onsself beskerm van die potensiële negatiewe gevolge. Dit sluit oordenkings, Bybelverse, vrae om te bespreek en video's vir kinders in.
More
We would like to thank Life.Church for providing this plan. For more information, please visit: www.life.church/kids