Hoe om die media se invloed te hanteerVoorbeeld

Handling Media Influences

DAG 18 VAN 21

Hierdie week se kerngedagte is: "Daar is 'n tyd om te speel, maar ons wil die wedloop wen." Hou dit in gedagte terwyl jy hierdie week se Bybelvers en bespreking behandel, na die video kyk en nadink oor jou interaksies met die media. Bespreek hierdie week die volgende kerngedagtes:

• Tegnologie en die media is nie sleg nie. Ons kan kies om dit met wysheid te gebruik of toelaat dat dit ons misbruik.
• Ons moet elke kennismaking benader met die doel om Jesus aan die persoon voor te stel en God se liefde met hulle te deel. Die media kan 'n wonderlike bron wees om Jesus met ander te deel.
• Wat ons met ons tyd doen, is vir God belangrik. Hy het vir ons elkeen presies dieselfde hoeveelheid tyd in 'n dag gegee. Ons moet ons tyd bestuur om Hom te verheerlik.
• Die media kan gebruik word om met ander te kommunikeer, tyd saam deur te bring en gesonde verhoudinge te bou. Ons sal moet leiding neem dat dit plaasvind, want dit gebeur nie sommer net vanself nie. Ons kan ons tyd waardevol gebruik wanneer ons in beheer daarvan bly.
• Die internet is 'n manier om anoniem met ander regoor die wêreld in verbinding te kom. God kan tegnologie gebruik tot sy eer en ons beswil, maar dit kan ons ook mislei om weg van God af te leef. Dit kan ons lei na plekke en mense wat ons nooit anders sou ontmoet het nie, en ons in gevaar stel.

Aangaande hierdie leesplan

Handling Media Influences

Alles wat ons sien en hoor beïnvloed ons harte en gedagtes en vorm ons gesindhede en optrede. Het die Bybel regtig iets te sê oor sosiale media, wat nie eens in daardie tyd bestaan het nie? Ja! Hierdie leesplan gaan ons uitdaag om tegnologie ten volle te benut terwyl ons onsself beskerm van die potensiële negatiewe gevolge. Dit sluit oordenkings, Bybelverse, vrae om te bespreek en video's vir kinders in.

More

We would like to thank Life.Church for providing this plan. For more information, please visit: www.life.church/kids