Hoe om die media se invloed te hanteerVoorbeeld

Hierdie week se kerngedagte is: "AAN is nie ons enigste opsie nie. Kies AF!" Dink hieroor na terwyl jy hierdie week se verse en leesplan lees, na die video kyk en nadink oor jou interaksies met die media. Bespreek hierdie week die volgende kerngedagtes:
• Video-speletjies vra vir ons: “Is jy seker jy wil uitgaan?” JA! Die media is ontwerp om jou betrokke te hou. Dit voel asof jy deur toorkuns vasgevang word. Jy gaan dalk hard moet baklei om vas te hou aan die goeie dinge wat God vir jou wil gee.
• Ons moenie kies wat dieselfde is as wat almal anders kies nie. Die wêreld se standaarde is nie God se standaarde nie.
• God se standaarde is nie nuwe reëls wat jy by die kerk leer nie, dit is wat Hy aan jou deur sy Woord openbaar.
• Ons moet ons allereers beywer om ons aan God se standaarde vir ons lewens te hou. Hy gee nie noodwendig vir elke kind in elke gesin dieselfde bloudruk, planne en grense vir die gebruik van die media nie. Volg God se leiding en jou ouers se reëls.

Aangaande hierdie leesplan

Alles wat ons sien en hoor beïnvloed ons harte en gedagtes en vorm ons gesindhede en optrede. Het die Bybel regtig iets te sê oor sosiale media, wat nie eens in daardie tyd bestaan het nie? Ja! Hierdie leesplan gaan ons uitdaag om tegnologie ten volle te benut terwyl ons onsself beskerm van die potensiële negatiewe gevolge. Dit sluit oordenkings, Bybelverse, vrae om te bespreek en video's vir kinders in.
More
We would like to thank Life.Church for providing this plan. For more information, please visit: www.life.church/kids