Leesplan inligting

Wat Jesus Gesê Het Oor God Die Heilige GeesVoorbeeld

Wat Jesus Gesê Het Oor God Die Heilige Gees

DAG 6 VAN 7

Hoe om met die Heilige Gees vervul te word

Dit is noodsaaklik om die inwoning te onderskei van vervulling met die Gees. Die permanente inwoning van die Gees is nie vir 'n uitgesoekte paar gelowiges nie, maar vir alle gelowiges. Die Heilige Gees word aan elke gelowige gegee die oomblik wanneer wedergeboorte plaasvind (Efesiërs 1:13; Galasiërs 3:2). Die Bybel sê duidelik dat die Gees se verseëling en inwoning plaasvind wanneer ons weergebore word.

Ons lees in Efesiërs 5:18 van die vervulling met die Gees. Ons moet so volkome oorgegee wees aan die Heilige Gees sodat Hy ons ten volle kan besit en vervul. Romeine 8:9 en Efesiërs 1:13-14 sê dat Hy in elke gelowige woon, maar Hy kan bedroef word (Efesiërs 4:30), uitgeblus word (1 Tessalonisense 5:19) en weerstaan word (Handelinge 7:51). Wanneer ons toelaat dat dit gebeur, sal ons nie die volheid van die Gees se werking en sy krag in en deur ons ervaar nie.

Hoe om met die Heilige Gees vervul te word?

● Bely alle sondes waarvan jy bewus is in jou lewe (Bitterheid, woede, gierigheid, haat, trots, jaloesie, wellus, alle vorme van self, ens.).

● Vra die Vader om jou met sy Heilige Gees te vul. Ons ontvang die Heilige Gees se volheid deur geloof.

● Wanneer jy met die Heilige Gees vervul is, kan dit gepaard gaan met sterk emosies en die ontvang van gawes soos spreek in tale, die gawe van genesing of om te profeteer. Sommige mense ervaar egter geen gevoelens nie, maar die realiteit van die volheid van die Gees is net so werklik. Die Bybel sê nie dat dit vir almal dieselfde sal wees nie.

● Ons moet daagliks die Vader vra om ons met die Heilige Gees te vul. As mense sondig ons steeds daagliks en dit belemmer die werk van die Heilige Gees. Daarom sal ons voortdurend ons sondes moet bely, terugdraai na God en Hom vra om ons met die Heilige Gees te vul – weer en weer.

Sal jy nou die Vader vra om jou met die Heilige Gees te vul? En daarna daagliks?

Twee boeke om te lees:

"Be filled now" – Roy Hession.

"How to be filled with the Holy Spirit" – AW Tozer

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Wat Jesus Gesê Het Oor God Die Heilige Gees

Oor die algemeen weet Christene 'n aantal dinge oor die gawes van die Heilige Gees. Ons weet egter nie genoeg van die Persoon en Godheid van die Heilige Gees nie. Hierdie leesplan sal jou help om meer te verstaan van die...

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid