Leesplan inligting

Wat Jesus Gesê Het Oor God Die Heilige GeesVoorbeeld

Wat Jesus Gesê Het Oor God Die Heilige Gees

DAG 4 VAN 7

Die Heilige Gees gee gawes aan alle gelowiges.

In Romeine 12:8 word vir ons gesê om die verskillende gawes van die Gees te gebruik volgens die karakter van God en sy geopenbaarde wil met eenvoud ... met ywer ... met blydskap. In 1 Korintiërs 12:24-25 leer ons dat God die liggaam saamgevoeg het en groter eer verleen het aan die dele wat eer kortkom, sodat daar geen verdeeldheid in die liggaam mag wees nie, maar dat die dele daarvan ewe veel besorgdheid oor mekaar moet hê.

1 Korintiërs 12:4 sê dat nie almal dieselfde gawes het nie. Deur gebed, jou daaglikse wandel met God en die bevestiging van ander gelowiges, sal die Heilige Gees jou spesifieke gawes wys.

'n Kort lys van geestelike gawes (Dr. Larry Gilbert)

Buitengewone gawes

1. Apostelskap (1 Korintiërs 12:28; Efesiërs 4:11).

2. Om in tale te praat (1 Korintiërs 12:10; 28; 30).

3. Uitleg van tale (1 Korintiërs 12:10; 30).

4. Wonderwerke (1 Korintiërs 12:10; 28).

5. Genesing (1 Korintiërs 12:10; 28).

Gawes wat ons bemagtig om in hierdie wêreld te leef

6. Geloof (1 Korintiërs 12:9).

7. Onderskeiding (1 Korintiërs 12:10).

8. Wysheid (1 Korintiërs 12:8).

9. Kennis (1 Korintiërs 12:8).

Gawes wat gebruik word om gelowiges toe te rus en te lei

10. Evangelisasie: om mense na Christus te lei (Efesiërs 4:11).

11. Profesie: om met vrymoedigheid en vreesloos God se waarheid te verkondig (Romeine 12:6; Efesiërs 4:11; 1 Korintiërs 12:10; 28).

12. Lering: om die waarheid van die Woord van God met eenvoud en akkuraatheid duidelik te maak (Romeine 12:7; 1 Korintiërs 12:28).

13. Vermaning (Romeine 12:8).

14. Herders: toesig, opleiding, voeding, afrigting/leiding (Efesiërs 4:11).

15. Diensbaarheid: die verskaffing van praktiese hulp, beide fisiek en geestelik (Romeine 12:7; 1 Korintiërs 12:28).

16. Barmhartigheid: om diegene in nood te identifiseer, te vertroos en te versorg (Romeine 12:8).

17. Gee: die vrystelling van materiële hulpbronne om die werk van die kerk te bevorder (Romeine 12:8).

18. Administrasie: organiseer, administreer, bevorder, lei (Romeine 12:8; 1 Korintiërs 12:28).

In Efesiërs 4:11-13, gee Paulus vir ons vyf "ampte". Sommige groepe voel dat dit ook as gawes gesien kan word: Evangeliste, Profete, Leraars, Apostels en Herders.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Wat Jesus Gesê Het Oor God Die Heilige Gees

Oor die algemeen weet Christene 'n aantal dinge oor die gawes van die Heilige Gees. Ons weet egter nie genoeg van die Persoon en Godheid van die Heilige Gees nie. Hierdie leesplan sal jou help om meer te verstaan van die...

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid