Leesplan inligting

Wat Jesus Gesê Het Oor God Die Heilige GeesVoorbeeld

Wat Jesus Gesê Het Oor God Die Heilige Gees

DAG 2 VAN 7

God die Heilige Gees as die derde Persoon van die Drie-eenheid

Die Heilige Gees is die derde Persoon van die Drie-eenheid, saam met God die Vader en God die Seun (Jesus Christus). Hy is God, 'n Persoon en een wese met God die Vader en God die Seun. Hulle is drie Persone, maar een wese.

Jesus het die Heilige Gees die Parakleet (Grieks) genoem. Dit kan vertaal word as “Iemand wat langs jou loop om te help, ‘n Trooster, Raadgewer, Advokaat en Helper.” Hy doen egter baie meer: Hy lei, verseël, doop, bewerk wedergeboorte, heilig, bemagtig en oortuig (Johannes 14:14; 26; 15:26; 16:7).

Dit is verkeerd om aan die Heilige Gees te dink as 'n onpersoonlike krag. Die Heilige Gees is God, een van die Drie-eenheid, 'n Persoon. Wie as Christen wil lewe, moet deur die Persoon van God, die Heilige Gees, bewoon word. Lees Galasiërs 5:16-26 en vra die Heilige Gees, die Helper en Trooster, om Homself aan jou te openbaar en vra Hom om vir jou te wys hoe om daagliks saam met Hom te lewe. Vir elke Christen is dit van uiterste belang om te verstaan dat God, die Heilige Gees, in ons woon. Ons moet daagliks met die Gees "wandel", deur die Gees "gelei" word, deur die Gees "lewe", die vrug van die Gees "dra" en "in pas" met die Heilige Gees lewe. Dit sluit elke faset van die Christen in.

Die sendeling Hudson Taylor het gesê: Ons (Christene) is bonatuurlike mense: wedergebore deur 'n bonatuurlike geboorte, beheer deur 'n bonatuurlike krag (die krag van die Heilige Gees), gevoed deur bonatuurlike voedsel, word deur 'n bonatuurlike Leermeester onderrig (Die Heilige Gees) uit 'n bonatuurlike Boek. Sentraal in wat hy gesê het, is die Heilige Gees as Goddelike Persoon.

Gehoorsaamheid: Wat moet in jou lewe verander in die lig van die feit dat die Heilige Gees in jou woon?

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Wat Jesus Gesê Het Oor God Die Heilige Gees

Oor die algemeen weet Christene 'n aantal dinge oor die gawes van die Heilige Gees. Ons weet egter nie genoeg van die Persoon en Godheid van die Heilige Gees nie. Hierdie leesplan sal jou help om meer te verstaan van die...

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid