Groeiend in Waarheid – Vir OuersVoorbeeld

Growing in Truth – For Parents

DAG 3 VAN 7

Lees Johannes 8:32

Besin oor die gelese gedeelte

Ervaar jy die Bybelboodskap as bevrydend of inperkend? Ongeag jou gevoelens, berus die waarheid op méér as gevoelens. Die waarheid is dat Jesus die sonde se houvas op ons verbreek as ons Hom as ons Here en Saligmaker aanneem. Daarmee word nie bedoel ons nooit weer versoek sal word, ‘n verkeerde keuse uitoefen, of sondig nie. Dit beteken bloot dat indien ons oortree, Jesus ons vergewe sodra ons Hom vra. 

Dit is noodsaaklik om hierdie Bybelse waarheid van bevryding nooit uit die oog te verloor nie. Die boodskap van bevryding stel jou vry van die spanningsvolle strewe na onwankelbare gehoorsaamheid en volmaaktheid wat jou soos ‘n mislukking laat voel indien jy oortree. Soos almal van ons, gaan jy beslis ook oortree. Dit is egter bevrydend om te besef dat jy jou oortreding net moet bely en die Here dan dank dat Hy jou reeds vergewe het. So lyk ‘n lewe van ware bevryding!

Gesels oor die volgende

Vra jouself af: Wanneer laas het jy gesê jy is jammer?

Vraag aan ‘n kind: Hoe voel dit om iemand te vergewe? 

Bespreek saam: Hoekom is dit soms moeilik om te erken dat ons gesondig het en te sê ons is jammer?

Bid

Dierbare Jesus, ek het u hulp vandag nodig. Om goeie keuses te maak en voorbeeldige gewoontes te kweek is moeilik. Uit eie krag maak ek nie altyd verstandige keuses nie, en ek kan myself beslis nie beskerm teen versoeking en my van sonde verlos nie. Ek is van U afhanklik om my elke dag van versoeking en sonde te bevry. Dankie dat U aan die kruis gesterf het om sonde vir altyd te oorwin en my te verlos. Amen.

Aangaande hierdie leesplan

Growing in Truth – For Parents

“Groeiend in Waarheid” is ‘n familievriendelike Bybelleesplan! Die leesplan bevat daaglikse tematies-eenvormige ouer- en kindertoepaslike leeswerk met vrae om besprekings uit te lok van dit wat saam geleer is. Nooi jou ma en pa uit om in te teken op die leesplan “Groeiend in Waarheid − Vir Ouers” en begin saam gesels.

More

Ons wil graag vir OneHope bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://onehope.net