Groeiend in Waarheid – Vir OuersVoorbeeld

Lees Johannes 18:37
Besin oor die gelese gedeelte
Jesus is verhoor omdat Hy te kenne gegee het Hy is ’n koning, en Pilatus, die Romeinse goewerneur, het die mag gehad om Hom ter dood te veroordeel indien Hy skuldig bevind sou word. In plaas daarvan om Pilatus te smeek om sy lewe te spaar, het Jesus by die waarheid gestaan. Kalm het Hy die doel van sy koms na die aarde bekend gemaak. Stel jou voor ons reageer op dieselfde manier wanneer ander aanklagte teen ons indien?
Jesus se stille krag en opvallende toewyding aan sy roeping, het Pilatus vinnig laat besef dat Jesus onskuldig is. Pilatus het Jesus se bestemming as ‘n ewige hemelse koning sowel as ‘n aardse koning nie ten volle begryp nie, maar hierdie waarheid is stelselmatig onthul. Wanneer laas het jy deeglik nagedink oor God se plan en doel vir jou lewe en dit openlik met ander gedeel?
Gesels oor die volgende
Vra jouself af: Wanneer het jy ontdek dat God ‘n besondere plan en doel vir jou lewe in gedagte het?
Vraag aan ‘n kind: Hoe dink jy sal jou lewe wees wanneer jy groot is?
Bespreek saam: Hoekom is dit belangrik om te verstaan wie jy is en wie jy in Christus word?
Bid
Hemelse Vader, U is gebore om ‘n koning te wees. Dankie dat U my in u familie innooi en dat U ‘n spesifieke doel vir my lewe in gedagte het. Help my om altyd te onthou wie ek in U is en om elke dag 'n bietjie meer in die mens te groei wat ek in U word. Amen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

“Groeiend in Waarheid” is ‘n familievriendelike Bybelleesplan! Die leesplan bevat daaglikse tematies-eenvormige ouer- en kindertoepaslike leeswerk met vrae om besprekings uit te lok van dit wat saam geleer is. Nooi jou ma en pa uit om in te teken op die leesplan “Groeiend in Waarheid − Vir Ouers” en begin saam gesels.
More









