Leesplan inligting

Wat Jesus Gesê Het Oor Om Hom Te VolgVoorbeeld

Wat Jesus Gesê Het Oor Om Hom Te Volg

DAG 6 VAN 6

Ek vertrek

Lees weer Matteus 10:1-8.

Wat gebeur hier? Jesus het aan sy volgelinge en dissipels gedemonstreer wat gedoen moes word. Hy het gesê: "Ek het aan julle gedemonstreer wat gedoen moet word. Gaan doen nou dieselfde! Ek sal help."

1. Hy was daar om hulle toe te rus.

2. Jesus het duidelike instruksies gegee.

3. Hy het aan hulle duidelike gesag gegee.

4. Hy het duidelik aangedui wat hulle kon verwag (Matteus 10:16-42).

Jesus het dus eintlik gesê: Julle doen, Ek help en kyk. Die volgelinge word nou self aktiewe dissipelmakers.

En toe sê Jesus: Julle doen; Ek vertrek.

Die laaste fase van Jesus se opleiding aan sy volgelinge was: Julle doen, Ek vertrek. Op hierdie stadium het Hy weggegaan, maar was steeds by hulle deur die Heilige Gees. Die Heilige Gees het gekom om as helper by hulle te wees, te bemagtig en te lei (Matteus 28:18-20, Handelinge 1:8).

Daar het 'n punt gekom waar Jesus weggegaan het hemel toe. Maar Hy het sy dissipels voorberei om die werk oor te neem. Elke dissipelmaker moet dieselfde proses volg met nuwe bekeerlinge en ander dissipels.

Stap 1: Ek doen — julle kyk en leer.

Stap 2: Ek doen — julle help en leer.

Stap 3: Julle doen — Ek kyk en help.

Stap 4: Julle doen — Ek vertrek.

Stap 5: Julle (die nuwe dissipelmakers) doen — nuwe dissipels (bekeerlinge) kyk en leer.

Stap 6: Julle doen — die nuwe dissipelmakers help en leer.

Stap 7: Die nuwe dissipelmakers doen — Julle help.

Stap 8: Julle vertrek. En die proses herhaal homself weer en weer.

Gehoorsaamheid: Is jy gereed om dit te doen? Is jy bereid om dit te doen? Is jy bereid om toegerus te word?

Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Wat Jesus Gesê Het Oor Om Hom Te Volg

Die eerste ding wat Jesus met die dissipels gedoen het was om hulle te roep (Matteus 4:19). Jesus kom vandag nog om mense te roep. Baie dink dit het net met bekering te doen. Nee — wanneer Jesus kom, roep Hy mense om Hom...

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid