Leesplan inligting

Wat Jesus Gesê Het Oor Om Hom Te VolgVoorbeeld

Wat Jesus Gesê Het Oor Om Hom Te Volg

DAG 5 VAN 6

Ek doen; julle help en leer

Lees hierdie Skrifgedeelte noukeurig:

Matteus 10:1, 5-8 (AFR53) — "En Hy het sy twaalf dissipels na Hom geroep en aan hulle mag gegee oor onreine geeste, om hulle uit te dryf en om elke siekte en elke kwaal te genees. Jesus het hierdie twaalf uitgestuur en hulle bevel gegee en gesê: ... gaan preek en sê: Die koninkryk van die hemele het naby gekom. Maak siekes gesond, reinig melaatses, wek dooies op, dryf duiwels uit. Julle het dit verniet ontvang, verniet moet julle dit gee."

Deeglike navorsing van die boek Markus toon dat Jesus 49% van sy tyd alleen saam met sy dissipels deurgebring het. Hulle was egter ook die meeste van die tyd saam met Hom gedurende die ander tydperke terwyl Hy die skares bedien het en in gesprekke met baie verskillende mense was.

Hulle was daar toe die Fariseërs en Skrifgeleerdes vir hom vrae gevra het. Hulle kon sien hoe Hy dit hanteer. Hulle was daar toe Hy gelykenisse vertel het en kon Hom daarna uitvra oor die betekenis van hierdie gelykenisse. Toe die ryk jongman na Hom toe gekom het, het Hy aan hulle gedemonstreer hoe om te onderskei of iemand Hom wil volg.

Wat ons hier sien, is die basiese beginsel wat Jesus gebruik het om dissipels te vermenigvuldig! Hy het hulle saamgeneem. Hy het gedemonstreer wat gedoen moet word en hoe dit gedoen moet word. Hy het hulle mettertyd toegelaat om Hom te help. Hy het hulle geloof gebou. Op hierdie manier het Hy hulle voorberei om uit te gaan en dissipels en dissipelmakers te wees.

Gehoorsaamheid: Is jy besig om Jesus saam met ander Jesus-volgelinge, jou familie en jou gemeente te volg? Kan ander, deur na jou lewe en optrede te kyk, sien wat dit beteken om ‘n volgeling van Jesus te wees? Vir baie mense gaan jy die enigste Bybel wees wat hulle ooit gaan lees.

Belangrik: Wanneer jy weer saam met iemand koffie drink, vra wat hulle dink dit beteken om ‘n dissipel te wees en hoe so ‘n persoon behoort te leef.

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Wat Jesus Gesê Het Oor Om Hom Te Volg

Die eerste ding wat Jesus met die dissipels gedoen het was om hulle te roep (Matteus 4:19). Jesus kom vandag nog om mense te roep. Baie dink dit het net met bekering te doen. Nee — wanneer Jesus kom, roep Hy mense om Hom...

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid