Leesplan inligting

Wat Jesus Gesê Het Oor Om Hom Te VolgVoorbeeld

Wat Jesus Gesê Het Oor Om Hom Te Volg

DAG 1 VAN 6

Voorstel

1.Vra drie vriende/vriendinne om hierdie leesplan saam met jou te doen (vier in 'n groep — mans en vroue in afsonderlike groepe).

2. Almal doen die leesplan op hulle eie.

3. Kom bymekaar na voltooiing van die leesplan en bespreek wat julle ontdek/geleer het.

4. Oorweeg om al 25 leesplanne in hierdie reeks as groep saam te doen.

5. Hierdie is Nr. 6 in ‘n reeks van 25 leesplanne.

5. Watter ander persoon of persone dink jy sal by hierdie leesplan baat vind? Maak kontak en vertel hulle daarvan en moedig hulle aan om dieselfde leesplan saam met 'n groep van vier te doen.

6. Hierdie leesplanne sal jou help om te groei en uiteindelik 'n dissipelmaker te word — iemand wat dissipels van nuwe bekeerlinge en ander Christene kan maak.

Wat Jesus gesê het oor om Hom te volg

Lees Matteus 4:17-22, 9:9 en Johannes 1:43

Besin oor hierdie gedeeltes deur die volgende vrae te vra

1. Wat leer ons van God in hierdie gedeelte? (Hoe openbaar God Homself aan my: Wie Hy is, sy karakter, werke, bevele, beloftes?)

2. Wat leer ons van onsself/ander mense uit hierdie Skrifgedeelte? (Wat verwag God van my volgens hierdie gedeelte — bv. om te vergewe, groei in my verhouding met Hom, gehoorsaam te wees, en in ‘n verhouding met Hom te leef? Wat moet in my lewe verander? Wat is my verantwoordelikhede?)

3. Hoe kan ons dit wat ons uit hierdie gedeelte ontdek het, in ons lewens integreer? (Hoe moet ek God gehoorsaam? Hoe kan ek vir ander tot seën wees? Wat en waaroor kan ek vanuit hierdie Skrifgedeelte bid?)

Van inligting tot gehoorsaamheid: Nadat jy Matteus 4:17-22, 9:9 en Johannes 1:43 bestudeer het, wat voel jy vra die Heilige Gees van jou om te doen? Omdat dit God is wat hier praat, moet ons reageer. Is daar iets wat in jou lewe moet verander in die lig van jou bestudering van hierdie Skrifgedeeltes? Wat is daar wat jy in die komende week moet doen na aanleiding van jou bestudering van hierdie Skrifgedeeltes? Hoe kan jy 'n seën vir ander mense om jou wees? Wees baie spesifiek.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Wat Jesus Gesê Het Oor Om Hom Te Volg

Die eerste ding wat Jesus met die dissipels gedoen het was om hulle te roep (Matteus 4:19). Jesus kom vandag nog om mense te roep. Baie dink dit het net met bekering te doen. Nee — wanneer Jesus kom, roep Hy mense om Hom...

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid