Leesplan inligting

Wat Jesus Gesê Het Oor Om Hom Te VolgVoorbeeld

Wat Jesus Gesê Het Oor Om Hom Te Volg

DAG 2 VAN 6

Die twaalf, die 72 en ander volgelinge

Ons is soms onder die indruk dat Jesus net die twaalf geroep het en dat hulle die "enigste" dissipels was (Matteus 10:5; Markus 3:13-19; Lukas 6:12-16).

Ons lees egter in Lukas 10:1 van 72 ander wat Jesus aangestel en uitgestuur het: "Daarna het die Here twee en sewentig ander aangewys en hulle twee-twee voor Hom uit gestuur ..." In die klein kring met die twaalf was daar ook vroue wat saam met Jesus gereis het (Lukas 8:1-3). In Johannes 6:66 lees ons van 'n ander groter groep dissipels: "Hieroor het baie van sy dissipels omgedraai huis toe en nie meer saam met Hom gegaan nie." Dieselfde het in Markus 10:21 gebeur toe Jesus die ryk jongman genooi het om Hom te volg, maar die man was nie bereid om die prys te betaal om Jesus te volg nie.

Dag vir dag roep Jesus mense om Hom te volg.

Sommige sê nee.

Daar is mense wat glo dat jy 'n Christen kan wees sonder om 'n dissipel te wees. Jesus het nie vir sy volgelinge so ‘n opsie gegee nie: Hy roep ons om Hom te volg, om vissers van mense te maak en dissipels te wees. Vir Jesus, om 'n volgeling te wees, was om 'n dissipel te wees.

Totale gehoorsaamheid: Dag vir dag roep Jesus mense om Hom te volg. Kan jy met absolute eerlikheid sê dat jy jouself ten volle oorgegee het aan Jesus se uitnodiging: Kom en volg My?

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Wat Jesus Gesê Het Oor Om Hom Te Volg

Die eerste ding wat Jesus met die dissipels gedoen het was om hulle te roep (Matteus 4:19). Jesus kom vandag nog om mense te roep. Baie dink dit het net met bekering te doen. Nee — wanneer Jesus kom, roep Hy mense om Hom...

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid