Leesplan inligting

Sy liefde red onsVoorbeeld

Sy liefde red ons

DAG 2 VAN 7

Vasberade

In die tyd van die Nuwe Testament sou ’n arbeider, wanneer hy sy dag se werk voltooi of ’n spesifieke taak afgehandel het, vir sy baas tetelestai sê. Dit is ook op ’n kwitansie gestempel wanneer ’n persoon sy rekening ten volle vereffen het. Jesus, die offerlam van God, het beide ons skuld ten volle betaal en die verlossingswerk eens en vir altyd voltooi toe Hy met hierdie woord aan die kruis verklaar het: “Dit is nou afgehandel.”

Dit was die hoofrede vir Jesus se koms en die opdrag wat Hy van die Vader ontvang het; dus was Hy vasbeslote en onwankelbaar in sy roeping. Dit is hoekom Hy Petrus berispe wanneer hy dit probeer verhoed. Vir hierdie doel het Hy na die wêreld gekom; daarom kon niks en niemand Hom teëgaan nie – selfs geen lyding of vernedering nie.

Daar was baie godvresende mans wat met soortgelyke vasberadenheid God se opdragte voltooi het: Salomo bou die tempel, Daniël weier om hom te verontreinig met die koning se kos, Nehemia herbou die muur om Jerusalem en Paulus deel die evangelie met die nie-Jode. Mag God ons help om met dieselfde vasberadenheid ons lewensopdragte te voltooi.

Vader, elke keer as ek hierdie frase lees, word ek diep aangeraak. Wys my wat dit beteken om vasberade deur te druk om my doelwit te bereik; of dit nou betrekking het op my gesondheid, fiksheid, studies, ’n doelwit by die werk of my lewensroeping. Amen
Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Sy liefde red ons

God het sy liefde gedemonstreer deur sy enigste Seun te stuur om as offer in ons plek aan die kruis te sterf. As vlekkelose Lam van God het Jesus die ganse mensdom met sy bloed vrygekoop. In Hom staan ons voor God die Va...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid