Leesplan inligting

Sy liefde red onsVoorbeeld

Sy liefde red ons

DAG 3 VAN 7

Wis my sondes uit

Alhoewel ek goed vertroud is met sonde, kan sy vele vermommings my maklik ’n rat voor die oë draai. Boonop is ek selde immuun teen sy vleiery wat my ompraat om te dink, doen en sê waaroor ek later skaam en opreg spyt is, wanneer dit aan die lig kom. Of miskien is dit juis omdat ek so ’n kundige is dat ek my keer op keer in hierdie penaries bevind. Sonde kom in elke vermomming en verpakking denkbaar en ons moet altyd daarop bedag bly.

In vandag se Skrifgedeelte gee Dawid vir ons ’n uitgebreide uiteensetting van sonde. Buiten foute waarvan ons nie weet nie en die kere wanneer ons versuim om die regte ding te doen of te sê, is daar ook weldeurdagte sondes. Sy pleidooi vir vryspraak is daarom ook ons pleidooi wat ons opnuut bewus maak van ons afhanklikheid van die Heilige Gees.

In Christus alleen is ons oorwinning opgesluit, Hy wat elke mag en gesag ontwapen het deur die skuldbewys teen ons aan die kruis te vernietig. In Hom staan ons voor God die Vader, volmaak, vergewe en vrygespreek, ons oortredinge vir ewig uitgewis, ons woorde en denke aanneemlik vir ons Verlosser.

Here, soos koning Dawid, vra ek om vergifnis, nie net vir die sondes wat ek bewustelik doen nie, maar ook vir die sondes wat ek onbewustelik doen. Wys my hierdie verborge sondes, veral dié wat ongesiens probeer deurglip, want ek wil daagliks ’n lewe van oorwinning leef, veral oorwinning oor die sonde. Amen
Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Sy liefde red ons

God het sy liefde gedemonstreer deur sy enigste Seun te stuur om as offer in ons plek aan die kruis te sterf. As vlekkelose Lam van God het Jesus die ganse mensdom met sy bloed vrygekoop. In Hom staan ons voor God die Va...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid