Leesplan inligting

Sy liefde red onsVoorbeeld

Sy liefde red ons

DAG 7 VAN 7

Skuldbelydenis

Sondebelydenis is om met God saam te stem oor ons ware natuur. As sondaars sedert ons geboorte is dit elke keer ’n verligting wanneer ons uit duisternis en verwarring tree, weg van goddeloosheid en skaamte, en ons siele voor ’n heilige en regverdige God ontbloot.

God is ons liefdevolle Vader en Skepper; daarom hoef ons nooit te huiwer om dit wat in stryd is met sy volmaakte heiligheid voor Hom te bring nie: ons blindekolle, sondes van versuim en verkeerde motiewe. In God se oneindige lig word elke sonde blootgelê, alles wat skeiding bring tussen ons en Hom en al ons verskonings, met ander woorde, alles wat ons verkeerd dink, doen en sê.

Daarom durf ons nie onverskillig met ons sonde omgaan en Christus se kruisdood as vanselfsprekend aanvaar nie. Op Golgota het Hy eenmaal vir die mensdom en vir al ons sondes gesterf, hetsy in die verlede, hede of toekoms. Hy is waarlik die enigste weg na God en ononderbroke gemeenskap met die Vader. In al sy weë getrou, selfs as ons wankel, hou God sy belofte en in Christus Jesus vergewe Hy ons ons rebellie en opstand.

Here, ek het my sondes nou lank genoeg vertroetel en allerhande verskonings daarvoor probeer maak. Teen U alleen het ek gesondig – vergewe my, asseblief. Dankie dat U my nie verstoot nie, maar geestelik skoon was en ons verhouding ten volle herstel. Amen

Hierdie oordenkings is geneem uit IN VREUGDE EN VERTROUE deur Suria Scholtz © Christelike Uitgewersmaatskappy.

Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Sy liefde red ons

God het sy liefde gedemonstreer deur sy enigste Seun te stuur om as offer in ons plek aan die kruis te sterf. As vlekkelose Lam van God het Jesus die ganse mensdom met sy bloed vrygekoop. In Hom staan ons voor God die Va...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid