Leesplan inligting

Gemaak om te Skep: Ontdek en Gebruik Jou Kreatiewe GeskenkeVoorbeeld

Gemaak om te Skep: Ontdek en Gebruik Jou Kreatiewe Geskenke

DAG 4 VAN 7

Maak jou kreatiewe lamp skoon

Noudat jy die "lamp" van jou kreatiewe intelligensie uitgegrawe het, hoop ek jy raak gewoond daaraan om dit in jou hande te hê. Voel dit vir jou vreemd en onbekend; iets wat nog nie heeltemal 'n plek in jou lewe het nie?

Die volgende stap is om jou lamp skoon te maak.

Puin staan ​​in die pad van vooruitgang

Was jy al halfpad deur 'n groot skoonmaakprojek by die huis, toe jy skielik oorweldig gevoel het en wou weghardloop? Die ander dag het ek myself op die vloer van my tuiskantoor bevind, omring deur lêers, papiere, bokse, foto's en laaie vol allerhande goed, toe ek skielik te uitgeput voel om voort te gaan. Dit het alles met soveel energie en hoop begin en ek het vir myself gesê: “Vandag sal ek my kantoor skoonmaak. Uiteindelik. Dit is so bevredigend.” Maar omtrent halfpad deur die taak het die moegheid ingetree, die rommel het opgehoop, en dit het gelyk of ek nie naastenby klaar was nie. Ek wou my oë toemaak en dit alles op die regte plekke wens. Waar is Mary Poppins as jy haar nodig het?




In Nehemia 4:1-10 probeer Nehemia om die mure van Jerusalem te herbou. Die mure is halfpad klaar, die bouers word oorweldig deur moegheid en daar is soveel rommel wat verskuif moet word.

In vandag se Skrifgedeelte sien ons hoe hope rommel/puin bygedra het tot die moedeloosheid van die mense van Jerusalem. Rick Warren, voormalige pastoor van Saddleback, sê: “Ons het almal rommel in ons lewens: fisieke rommel, geestelike rommel, emosionele rommel. Dit kan 'n gevoel van oorweldiging veroorsaak en dit kan ons laat struikel; letterlik en figuurlik.”

Watter soort rommel kan in jou kreatiwiteit se pad staan? Bewustheid is die eerste stap na sukses. God is hier om jou te help om die rommel op te ruim. Nehemia sê in hoofstuk 4:14a (NLV): "Ek het sake dopgehou en toe die leiers, die amptenare en die res van die volk bymekaargeroep en gesê: 'Moenie vir die vyand bang wees nie! Hou in gedagte dat die Here groot en vreesaanjaend is.'”

Kreatiewe oefening:

Kies EEN laai of rak om skoon te maak. Herstel netheid en orde in daardie plek. Voltooi hierdie taak biddend en vra God dat, terwyl jy werk, Hy jou aan die dinge in jou lewe sal herinner wat dalk deurmekaar raak en die vloei van jou kreatiwiteit belemmer.

Gebed:

Here, dankie dat U altyd aan my sy is om my te help en te ondersteun. Maak my oë oop vir enige rommel wat in my lewe ophoop. Help my om sistematies daardeur te werk en goeie gewoontes te ontwikkel om dit in toom te hou. Mag ek nie moedeloos raak nie maar onthou dat U hier by my is en dat niks by U onmoontlik is nie. Amen.




Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Gemaak om te Skep: Ontdek en Gebruik Jou Kreatiewe Geskenke

Voel jy dat jy iets spesiaals het om die wêreld te bied, maar onsekerheid of vrees hou jou terug? God roep jou om te skep. Hoe weet ek dit? Ons smag daarna om te skep omdat ons na die beeld van die Skepper gemaak is...

More

Ons wil graag Creativity Wakeup bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.creativitywakeup.com/made-to-create-info

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid