Leesplan inligting

Gemaak om te Skep: Ontdek en Gebruik Jou Kreatiewe GeskenkeVoorbeeld

Gemaak om te Skep: Ontdek en Gebruik Jou Kreatiewe Geskenke

DAG 2 VAN 7

God bemagtig jou om te skep

Ek is mal oor Pinkster. Wat 'n ongelooflike oomblik in tyd. In Handelinge 2:1-21 (DB) lees ons dat God sy Heilige Gees op 'n klomp verskrikte, teleurgestelde en verwarde mense uitstort, en hulle vul met goddelike krag, moed en nuwe tale. Dis wonderlik. Sedert daardie tyd was die ondenkbare gawe van God se Heilige Gees beskikbaar vir alle mense, oral.

Ek het vroeër gedink dat Pinkster die eerste keer was wat die Gees van God aan ons gegee is.

Het jy ook so gedink? Dit lyk so of dit net in die Nuwe Testament hoort, nie waar nie?

Eintlik word die Heilige Gees ook regdeur die Ou Testament genoem. Die eerste verwysing na die Gees van God is in Genesis 1 toe die "Gees van God" oor die water gesweef het. Die Gees van God is intiem verbind met die skeppingsdaad. Alles wat God maak is goed (nogal 'n massiewe onderskatting, dink ek.)

Die eerste keer dat die Bybel melding maak van 'n persoon wat vervul is met God se Gees, is in verband met kreatiwiteit.

Daar is 'n aantal mense op wie die Heilige Gees in die Ou Testament geval het. Destyds was die Heilige Gees net beskikbaar vir sekere mense, vir 'n sekere tyd of vir 'n spesifieke taak. Die Heilige Gees het byvoorbeeld op Israel se regters “geval” om aan hulle wysheid te gee of om hulle in staat te stel om hul vyande te verslaan, soos Gideon in Rigters 6:34 en Simson in Rigters 15:14. Die Gees van God het koning Dawid “soos ’n stormwind” binnegedring toe hy in 1 Samuel 16:13 as koning gesalf is en hom “vir die res van sy lewe bemagtig”.

Ek was verstom om te hoor dat die heel eerste keer dat die Bybel noem dat iemand met die Heilige Gees “vervul” is, daardie mense kunstenaars is. Nie krygers nie, nie konings nie, nie priesters nie, maar kunstenaars. Die Heilige Gees bemagtig Besaleël en Oholiab met die kreatiewe vaardighede wat nodig is om die Ark van die Verbond, die Tabernakel en alles daarin te maak (om nie eens te praat van hulle bemagtiging rakende die onderrig- ​​en projekbestuursvaardighede wat hulle nodig gehad het om hul spanne te lei nie).




Kunswerk deur Michele Neethling

Lê daar In jou eie lewe groot take voor jou of is daar 'n roeping op jou lewe wat jou bangmaak? Glo jy dat God jou kan bemagtig met die wysheid, begrip, kennis en vaardighede wat jy nodig het om die werk vir sy eer gedoen te kry?

Kreatiewe oefening:

Maak jou oë toe en probeer jou indink hoe dit vir Besaleël en Oholiab moes gewees en gevoel het om geroep te word om hierdie magtige werk vir God te doen.

Gebed:

Dankie Here, vir die skoonheid en majesteit van u skepping. Dankie vir al die ryk lesse wat ons uit u Skrifte kan leer. Dankie dat U Besaleël en Oholiab met u Gees vervul het, en aan hulle wysheid, begrip, kennis en vaardigheid gegee het om u werk te doen. Dankie dat U ons ook so vul om tot u eer te skep. Wees asseblief by ons terwyl ons leer oor die krag van ons kreatiewe intelligensie en lei ons na waar ons dit moet toepas.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Gemaak om te Skep: Ontdek en Gebruik Jou Kreatiewe Geskenke

Voel jy dat jy iets spesiaals het om die wêreld te bied, maar onsekerheid of vrees hou jou terug? God roep jou om te skep. Hoe weet ek dit? Ons smag daarna om te skep omdat ons na die beeld van die Skepper gemaak is...

More

Ons wil graag Creativity Wakeup bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.creativitywakeup.com/made-to-create-info

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid