Leesplan inligting

Gemaak om te Skep: Ontdek en Gebruik Jou Kreatiewe GeskenkeVoorbeeld

Gemaak om te Skep: Ontdek en Gebruik Jou Kreatiewe Geskenke

DAG 1 VAN 7

Jou kreatiwiteit is vir God belangrik: 3 redes hoekom jy seker kan wees hiervan

Stel jou voor jy ontmoet 'n onbekende persoon by 'n geleentheid. Hoe sou jy 'n gesprek met hom of haar begin?

"Hi. Wat is jou naam? Wat doen jy?"

In die eerste boek van die Bybel, Genesis, hoofstuk 1, stel God Homself omtrent so aan ons voor:

“Hallo, ek is God. Ek is die Skepper. Ek maak goed. Ek het alles gemaak.”

1.God openbaar hoe super-kreatief Hy is




Die heel eerste ding wat God vir ons van Homself vertel, is dat Hy kragtig en kreatief is. Een kykie na die natuur rondom jou sal jou verseker dat God nie net 'n bietjie kreatief is nie. Hy is verstommend, verbasend, uitermate kreatief.

Wanneer 'n persoon homself aan jou bekendstel en hy die eerste vyf minute gebruik om jou van 'n aspek van homself te vertel, kan jy seker wees dat daardie aspek vir hom belangrik is.

2. God het jou na sy beeld gemaak om sy natuur te weerspieël




Kort nadat Hy Homself voorgestel het, sê God vir ons dat Hy ons na sy beeld gemaak het. “Kom Ons maak ’n mens, ’n mens wat iets van My in hom het en selfs ’n bietjie soos Ek lyk” (Genesis 1:26 DB).

Deur nader aan God te groei, streef ons dikwels na aspekte van sy aard soos om liefdevol, vergewensgesind, medelydend of geduldig te wees. Ons dink nie altyd daaraan hoe ons in ons kreatiewe aard kan groei nie.

As ons God se karakter wil weerspieël, moet ons ons kreatiwiteit gebruik.

“Kreatiwiteit is God se geskenk aan ons. Die gebruik van ons kreatiwiteit is ons geskenk aan God.” — Julia Cameron

3. God roep jou om te skep




Nadat God mense geskep het, sê God: “Wees vrugbaar en kry baie kinders, so baie dat julle oral oor die aarde sal bly. Tem die aarde en heers daaroor. Heers oor die visse van die see, die voëls in die lug en al die diere op die aarde” (Genesis 1:28 DB).

Dit is nie 'n voorstel nie. Dit is 'n opdrag. Dit is ons "kulturele mandaat" om oor die aarde te heers, dit te bewaar en te ontwikkel. Om 'n rentmeester te wees is nie 'n eenvoudige, meganiese taak nie. Dit verg kreatiwiteit en probleemoplossing.

Is jy bewus van 'n roeping op jou lewe om iets nuuts te skep — of dit nou 'n bediening, 'n besigheid, 'n gemeenskap, 'n boek, 'n program of enigiets tussenin is. Vra God om jou te lei en te inspireer.

Kreatiewe oefening:

Een van die maniere waarop ons kreatiewe denke ontwikkel, is deur ons normale denkpatrone te ontwrig. Probeer om vir hierdie studie 'n vertaling van die Bybel te gebruik wat nie vir jou bekend is nie. Ons beveel "Die Boodskap"-weergawe aan. Ons doelwit is om jou in staat te stel om die Skrifgedeeltes in 'n nuwe lig te sien. As jy dit 'n bietjie vreemd vind, is dit geen probleem nie. Jy ontwikkel so jou "kreatiewe spier".

Verander gerus ook jou lettertipe. Ons hou baie van "Open Dyslexic".

Gebed:

Ons loof U, Here, vir u krag en majesteit. In U word hou alle dinge in stand gehou. Dankie dat U aan elkeen van ons die vermoë gee om te skep. Mag ons hierdie seën ontwikkel en groei tot die beste van ons vermoë en tot U eer. Amen.




Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Gemaak om te Skep: Ontdek en Gebruik Jou Kreatiewe Geskenke

Voel jy dat jy iets spesiaals het om die wêreld te bied, maar onsekerheid of vrees hou jou terug? God roep jou om te skep. Hoe weet ek dit? Ons smag daarna om te skep omdat ons na die beeld van die Skepper gemaak is...

More

Ons wil graag Creativity Wakeup bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.creativitywakeup.com/made-to-create-info

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid