Leesplan inligting

Die Boek van Kolossense: Is Jesus Genoeg?Voorbeeld

Die Boek van Kolossense: Is Jesus Genoeg?

DAG 1 VAN 5

Is Jesus genoeg vir jou kerk?

Die filmmaker Wes Anderson is bekend daarvoor dat hy volmaakte simmetrie gebruik om sy kameraskote te raam. Elke karakter, stelstuk en landskap word presies in die middel geplaas. So weet die gehoor intuïtief dat wat ook al reg in die middel is, die heel belangrikste is. Paulus doen presies dieselfde in sy brief aan die kerk in Kolossense. Hy rangskik alles noukeurig rondom 'n volmaakte simmetriese middelpunt: Jesus. Die waarheid is dat Jesus die mees indrukwekkende persoon is wat al ooit geleef het en wanneer Hy die middelpunt van die kerk is, verander Hy alles.

Ons word genooi om dieselfde kopskuif te maak as die kerk in Kolosse, want wat destyds waar was van hulle is vandag nog waar van ons: die kerk het die potensiaal om die mees passievolle, liefdevolle, lewensveranderende gemeenskap op die planeet te wees – maar ons vernietig daardie potensiaal wanneer Jesus nie die middelpunt is van wat ons doen, waarom ons bymekaarkom en hoe ons aanbid, lei en uitgaan om die evangelie te verkondig nie.

Aan die begin van sy brief lig Paulus drie kenmerke uit van die soort gemeenskap wat ons kan wees mits Jesus die middelpunt van die kerk is. Opgesluit in elkeen van hierdie kenmerke is daar beide die potensiaal vir groot dinge sowel as ʼn slaggat wat kan lei tot 'n ramp.

Die eerste kenmerk is onwrikbare geloof (Kolossense 1:4). Ons behoort mense te wees wat leef vanuit ʼn persoonlike verhouding – persoonlike kennis en kennismaking – met Jesus. Dis nes J.I. Packer skryf: “Belangstelling in teologie en kennis van God ... is glad nie dieselfde as om Hom waarlik te ken nie.” Ons behoort lewendige advertensieborde te wees vir die lewe, dood en opstanding van Jesus. Die slaggat in hierdie geval is om maar tevrede te wees met tweedehandse kennis van God (wat daartoe lei dat massas mense bloot lewelose, godsdienstige praktyke uitvoer). Die potensiaal is om self ʼn verhouding met God na te streef deur sy Woord, Gees en mense.

Tweedens sê Paulus die kerk kan ʼn gemeenskap wees van onbaatsugtige liefde (Kolossense 1:4). Christelike liefde is uiters inklusief en moedig mense aan om die etniese, kulturele en ekonomiese grense van hulle gemaksones oor te steek. Ons is geroep om “al die heiliges” lief te hê – selfs hulle wat glad nie soos ons is nie. Is daar dalk iemand in jou lewe wat jou lief genoeg gehad het om beide lojaal en eerlik teenoor jou te wees? Miskien kan jy dieselfde doen vir iemand anders in jou kerk wat dalk eensaam en veroordeel voel in wat hulle beskou as ʼn ontoeganklike groep.

Laastens sê Paulus dat as Jesus die middelpunt is, kan die kerk ʼn gemeenskap wees van voortdurende lewensverandering (Kolossense 1:5-6). Ons geloof behoort soos ʼn saadjie te wees wat in ons harte geplant is en wat gekweek word deur die Gees, die Woord en die gemeenskap van gelowiges. Groei vind dan aanhoudend, geleidelik en onmiskenbaar plaas. Hier is die slaggat om te stagneer in jou lewenswandel met Jesus; maar die potensiaal is om sensitief en gehoorsaam te wees aan die Heilige Gees met ʼn diep begeerte om soos Jesus te word.

Beskou die kerk waarvan jy deel is as ʼn groepfoto: beide julle samesyn en jou persoonlike rol is noodsaaklik. Wanneer ons individuele passies ooreenstem en saamgevoeg word, is die effek daarvan verstommend. Die kerk se beste dae lê nog voor mits ons seker maak dat Jesus die middelpunt bly van alles wat ons doen.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Die Boek van Kolossense: Is Jesus Genoeg?

Daar was nog nooit ʼn meer indrukwekkende persoon as Jesus van Nasaret nie. Is Hy egter genoeg? Genoeg vir jou redding, jou karakter, jou lewensdoel? Genoeg vir jou hele lewe? In hierdie vyf-dag leesplan gebruik Jo Ströhf...

More

Ons wil graag Doxa Deo bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.doxadeo.org/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid