Leesplan inligting

Advent: Wat beteken dit?Voorbeeld

Advent: Wat beteken dit?

DAG 5 VAN 5

Dag 5: Liefde

1 Korintiërs 13:1 “Al sou ek enige taal op aarde of selfs in die hemel kon praat, maar ek kom die liefde kort, het ek ‘n galmende trom geword of ‘n klinkende simbaal.” (NLV)

Johannes 3:16 “God het die mensdom só liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore gaan nie, maar die ewige lewe sal hê.” (NLV)

Filippense 2:1-2 “Julle is mos deur Christus bemoedig en deur sy liefde getroos! Julle het die gemeenskap beleef wat die Gees bewerk! Julle weet wat omgee en meelewing beteken! Maak my dan nou heeltemal bly deur eensgesind te wees – één in liefde, één in hart en één in doel.” (NLV)

Liefde … ‘n internasionale taal wat nie altyd woorde benodig nie. Johannes 3:16 is seker die bekendste teksvers in die Bybel wat vir ons duidelik bevestig wat God se bedoeling was met Jesus. Deur Jesus kon sy liefde vir die mensdom beleef word. Hy het Jesus aarde toe gestuur met ‘n agenda: om ons te leer van sy liefde en om dit te sien deur Jesus se aksies en later die opoffering van sy lewe — die dood aan die kruis. God het gewys hoe ernstig Hy was sodat niemand verlore mag gaan nie!

Ons vier Jesus se geboorte gedurende Desember maar ons weet ook dat hiérdie geboorte totaal in ‘n ander klas was: ‘n geskenk uit God se eie hand wat ons ewigheid bepaal en ons aanspoor om liefde te wéés. Liefde is sentraal die fokus van God. Hy ís liefde. Sonder liefde is ons leeg, soos beskryf word in 1 Korintiërs. Dit is óns wat liefde-draers word en in eenheid moet funksioneer. Elke mens op aarde kan Jesus “met vleis aan” wees vir iemand anders. As sy kinders dra ons sy “handelsmerk”!

Gebed: Here, dankie vir die liefde wat U deur Jesus aan my bewys het. Wat ‘n voorreg om u Naam te verkondig en liefde ook aan ander mense oor te dra.

Hoe gereeld sê jy vir jou geliefdes dat jy hul lief het? Kyk jy hulle in die oë as jy dit sê? Maak seker hulle wéét dit! Van Jesus se laaste woorde voordat Hy opgevaar het na die hemel, was: “Julle moet mekaar liefhê”.

Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Advent: Wat beteken dit?

Advent: ‘n verwagting, iets wat gaan kom. Jy tel die dae totdat dit gebeur. God wou ons verras; om ‘n “geskenk” te stuur — Jesus! Voor Sy geboorte, het profete reeds voorspel dat iets deur God gestuur gaan word, 'n “tak...

More

Ons wil graag Felicia Lategan bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://whitevapor.wordpress.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid