Leesplan inligting

Advent: Wat beteken dit?Voorbeeld

Advent: Wat beteken dit?

DAG 2 VAN 5

Dag 2: Hoop

Matteus 12:21 (NLV)

"Ja, op Hom sal die nasies hulle hoop vestig.”

Jeremia 29:11 (NLV)

"Ek weet wat Ek vir julle beplan het," sê die Here. "Ek beplan voorspoed vir julle, nie teëspoed nie. Ek wil hê dat julle hoop vir die toekoms moet hê."

Psalm: 71:14 (NLV) "Maar ek sal aanhou hoop, U meer en meer prys."

Hoop is die fondasie van ons geloof, die konstante verwagting van God se beloftes. Hoop het vlees geword en wonderwerke gedoen, wat nog méér hoop laat groei het. Hoop is figuurlik gesproke ‘n fontein waaruit ons kan drink. Die Woord bemoedig ons juis dat almal wat dors het moet kom drink. Hoop is ‘n kompas om vorentoe te beweeg, om nie slegs te sê “ek hoop môre is alles beter” nie, maar om dit in jou siel te plant; weereens die verwagting in elke dag wat God reeds vooruit is. Hoop moedig ons aan om ons doel op aarde uit te leef deur gawes en talente, so ook teenoor ander mense.

Vandag is die môre waaroor jy gister gewonder het, waar jy vooruit gehoop het. Deur hoop word ons aangemoedig om uitdagings te hanteer, voor God te buig en sy Woord te aanvaar as ons hoeksteen. Hoop stig jou uitkyk op die lewe, om optimisties te wag of uit te sien na wat God vir jou beplan, net soos die een teksvers dit beskryf.

Om vorentoe te hoop is ‘n besluit van toewyding, dat ek en jy nie agteruit lewe nie maar ons uitstrek na dít wat God belowe: ‘n toekoms waarin Hy reeds lewe.

Gebed: Here Jesus, dankie dat ons hoop in die gange van ons harte kan ophang, dat U dit telkemale gespreek het en ons Hoop ís!

Hou vas aan hoop, dit is voorwaar ‘n werkwoord. Jesus het gekom vir alle nasies, dat ons Hom sal vier en wyd sal getuig.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Advent: Wat beteken dit?

Advent: ‘n verwagting, iets wat gaan kom. Jy tel die dae totdat dit gebeur. God wou ons verras; om ‘n “geskenk” te stuur — Jesus! Voor Sy geboorte, het profete reeds voorspel dat iets deur God gestuur gaan word, 'n “tak...

More

Ons wil graag Felicia Lategan bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://whitevapor.wordpress.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid